goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Jou maat, jou chomma kwadraat!!

Blog…glog..smlog…hoekom blog? Omdat ek kan! Omdat ek wil. Omdat ek lief is vir skryf. Ek skryf al vandat ek nege jaar oud is, eers vir Sonja, nou vir jou! (of vir myself… ek skryf  vir myself nog al die jare…tot onlangs…)Dit het sommer net gebeur. (Ok, Nee ek jok.) Die pastoor het voor in die kerk gestaan en sê:

“Wat sal ek dié jaar doen, as ek weet ek KAN nie misluk nie?”

(Nou Loli, was van nege jaar oud poepbang vir misluk.

Misluk in pa se oë…misluk in ma se boek.

Misluk in die balletklas…misluk na liefde soek!

(Misluk…en val op my bas!)

As jy jouself kan erken…ons behoort aan die 70’s generasie…Misluk en stel af…net indien jy SOU misluk!!!! Fear of failure procrastinator! Yip, dis Loli Pretorius.)

En daar het jy dit.Toe begin ek skryf vir die publiek.

Ek hoop sommer om jou vriendin te word…jou maat….jou chomma kwadraat!

Kom saam!

Vraag: Wat stel jy af omdat jy bang is jy gaan misluk?

14 comments on “Jou maat, jou chomma kwadraat!!

  1. Loli Pretorius
    Maart 6, 2012

    Loli, is jy besig om blogging af te stel omdat jy bang is jy gaan misluk?🙂 Ek sukkel en voel kompleet asof ek weer in die ballet klas is, en net nie die passies vinnig genoeg kan uit figure nie!!!!!!!!!!

    Eintlik wil ek net skryf en skryf en skryf, en dan natuurlik wil ek hê iemand moet dit lees en terug skryf. Dis so eenvoudig soos dit!!!!!
    Sterkte ou girl🙂

  2. Kokkewiet
    Mei 14, 2012

    Hi Loli, ek lees al ‘n rukkiie jou blog en vandag wil ek my eiertjie ook lê.
    Ek kry altyd hierdie groot lus om iets wat ek sien te teken of verf, maar ek is net te bang om dit te waag. Ek gaan nou begin met klasse en hopelik sal ek eendag oor hierdie vrees vir mislukking kom en self iets probeer.

    • Loli Pretorius
      Mei 14, 2012

      Awesome, awesome, awesome…ek kry hoendervleis!!! Weet jy Kokkewiet, ek sien uit na die dag wat jy selfs daai kunswerke hier gaan ‘post’/ afshow…ek weet jou hart klop sommer vinniger net oor die gedagte…glo my, ek vertel nog nie eers my ou maats/familie dat ek blog nie…so ek stel ook maar nog af, omdat my vingers ook nog bewe….MAAAR een dag op ‘n slag….ek het begin, met ‘n knop in my keel….JY KAN OOK!!!!!!!

  3. Toortsie
    Mei 14, 2012

    Oeeee ek ken dit! Die vrees vir mislukking. Die vrees vir verwerping…. (l.g. is amper erger!)

    • Loli Pretorius
      Mei 15, 2012

      Toortsie, ek sê jou… ene Joyce Meyer het my eenmaal inspireer…’Just do it afraid’….my hart klop nounog as ek blog…dalk is dit vrees? …dalk is dit adrenalien 😉

      • Toortsie
        Mei 15, 2012

        ‘n Sekere blogmaat het seker in die heel begin my versigtigheid opgemerk. Haar verwelkoming was: “Welkom. Ons byt nie!!”🙂
        Sy was heeltemal reg.

      • Loli Pretorius
        Mei 15, 2012

        Awesome!
        Ek voel tuis tussen al die makkers!!!:mrgreen:

  4. Olga
    Mei 17, 2012

    Dit is ‘n vrees wat baie mense aan bande lê. Vir my ook. 😳

  5. demoerin
    Mei 25, 2012

    Daar is geen dag soos vandag nie! Skryf skryf!

    • Loli Pretorius
      Mei 25, 2012

      Moet, sê, ek mis die dae van ‘n ou regte briefie in die pos; met handskrif met mens moet ontsyfer, of papier teen die sonlig hou , om te sien wat die mater uit gevee het 😉

  6. articrafts
    Junie 29, 2012

    hi loli, EK het nogal dieselfde propleem gehad met my skilderwerk, ek het altyd gedink se nou mar niemand hou van my werk nie, tot n baie ou wyse kunstenares eendag vir my gese het,” vir wie verf jy! vir die mense of vir jouself! Moet nooit ooit vir die mense verf nie, dan kan jy dit maar los.” Alhoewel dit baie wyse woorde is, is ek nog steeds maar skrikkerig om my eie prente in my kop op ‘n doek te sit, want ons as mens wil tog so graag deur die sameleweing aanvaar word!

    • Loli Pretorius
      Julie 2, 2012

      Waardevolle woorde Articrafts! Deesdae, en nou gaan ek klink asof ek heeltemal vreesloos is… voel ek al hoe meer vry! ( seker ook omdat ek agter gekom het, niemand byt nie, en as hul dalk byt, na die hartpulpitasies bedaar het, neem die adrenalien weer oor 🙂 so skryf maar net weer! Ek kom ook agter, hoe meer ek skryf, hoe meer ‘vry’ raak ek van die ‘bang’ ding…en ek wed jou dis dieselfde vir verf. Sus, ek sê, verf net daai ding in jou kop…jy hoef eers later dit te wys, en NET AS JY WIL!!

  7. Pingback: Intiem Tydskrif kom Laeveld toe « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Februarie 28, 2012 by in Ek is so gebore! and tagged , , , , , , , , .

Navigasie

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Februarie 2012
M T W T F S S
    Mar »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: