goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Genade?! Is ek vry van die Tien Gebooie?

Wat is genade?

Die HAT verklaar die woord só: goedertierenheid

Barmhartig, vergifnis, vergewensgesinde, gelukkige beskikking

Goeie genade! =Uitroeping van verbasing of ontsteltenis

As jy gekerk is van kleins, het jy gehoor van die genadegawe van die Here; wat ‘n gawe is, waarop die mens geen aanspraak het nie, en uit genade aan hom geskenk is. Hy is die genademiddel en Hy sit op SY genadetroon, juis omdat Hy ‘n genadeverbond met ons gesluit het deur Sy seun Jesus se kruisdood.

(“Ja, Loli, ek het dit al als gehoor.”)

Hou aan lees, die Goeie Nuus kom!!!

As Jesus als gedoen het deur Sy genade, hoekom moet ek hom behaag deur die Tien Gebooie te volg?

(Ek hoor jou al daar by jou rekenaar. “Omdat ek moet!”

“Omdat dit die regte ding is om te doen.”

“Omdat dit in die Bybel staan, lees jy jou Bybel Loli?”

“My dominee sê ek moet.”

“My pastoor doen nou ‘n reeks daaroor in die kerk.”)

Die radikale Evangelie van die nuwe verbond = GENADE

Liewe mens, as jy vandag lewe, lewe jy in die GENADE van die Here, in die nuwe verbond. ( Jy hoef net om jou te kyk en te sien dat ons nie lewe in die tyd van Moses nie!)

Romeine 8:1 “Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou bevry het van die   greep van die sonde wat uitloop op die dood. Die wet van Moses kon ons, as gevolg van ons sondige natuur nie red nie. Daarom het God vir hierdie doel sy eie Seun as mens na ons toe gestuur. Sy liggaam was identies aan ons eie liggame- wat deur die sonde aan getas is- maar Hy het nie self gesondig nie. God het Sy Seun as ‘n offer vir ons sonde laat dien. Daarmee het hy afgereken met die sonde se mag oor ons en so vir ons voldoen aan die vereiste van die wet.”

 As ons in die tyd van Moses geleef het, sou ons die Tien Gebooie moes nakom, en as ons faal, gestraf word, OF tempel toe moes gaan om ‘n offer te bring. Daai offer het dan in my plek gely, en so is my verhouding met GOD herstel.

(Mense, dit moes uitputtend gewees het ! Gaan lees net bietjie WAT presies Jesus ons nou juis van vry gemaak het. (Levitikus)(Dink net ook bietjie hoe hard die priester moes werk, dag in en uit.)

Daarom gaan ek waag om te vra:

Hoekom wil ons tyd mors in ons gemeentes om vir ons skape te wil leer oor die Tien Gebooie? (Nou maar goed, as ons dit wil gebruik vir ‘n vinnige VYF minute as teenvoorbeeld OM JUIS uit telig HOE WONDERLIK GOED die nuus is, dat ons nie meer daaraan onderhewig is nie,) MAAR Liewer juis aan wat JESUS aan die kruis volbring het!!!

Dis weer tyd om DIE GOEIE nuus te hoor, oor en oor en oor en oor en oor en oor, tot jy glo dat JESUS als klaar gemaak het!! Hy het die Tien Gebooie volbring!

Aanvaar en glo dit, en lewe so vry.

Hou jou ore vol van die GOEIE nuus, dag in en uit.

Die GOEIE nuus is die evangelie…nie die OU nuus nie.

GOEIE NUUS: EK is vry van die Tien Gebooie !!

8 comments on “Genade?! Is ek vry van die Tien Gebooie?

  1. stephanie
    Mei 9, 2012

    wow! wow! wow!
    Thank you for Your freedom Lord Jesus!

  2. Oom André
    Mei 9, 2012

    Hallo Loli

    Kan jy dalk aan hand van jou Post die volgende woorde van Jesus (Matt 5) verduidelik:

    “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
    Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
    Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.” Jesus

    • Loli Pretorius
      Mei 10, 2012

      Hi André,
      Dankie vir die inloer.Dis lekker om in die ‘dispensasie van Genade’ te lewe, wat begin het met Jesus se kruisdood. Hy was die eenmalige offer vir al my sonde, dit wat was, sou wees, en nog gaan kom!
      Ek het Hom aangeneem, Hy het my vrygemaak!

      Gal 5:13 ‘Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste lief hê soos jouself.’

      Rom 13:10 ‘Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.’

      Ons kan nie die Tien Gebooie hou nie, hulle is vervang deur die LIEFDE.

      Jas 2:10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
      Jas 2:11 Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
      Jas 2:12 Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.

      Jas 2:13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.

      Die nuwe wet van VRYHEID is die Wet van liefde! Dit is Sy liefde in my wat dit vir my moontlik maak om so te lewe, nie my following van 10 reëls nie!!

      1Jn 4:9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
      1Jn 4:10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.

      1Jn 4:16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.
      1Jn 4:17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

      Dit is die GOEIE nuus!!! Sy liefde vir My, Sy vervulling van nie Wet!

  3. Oom André
    Mei 10, 2012

    “Rom 13:10 ‘Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.’
    Ons kan nie die Tien Gebooie hou nie, hulle is vervang deur die LIEFDE.”

    Loli, ek dink daar is ‘n verskil tussen vervul en vervang.

    Die Wet is nie sleg nie. Die sonde is sleg.
    Die Wet sal bestaan solank die sonde bestaan.
    Ek dink nie die Wet en die Liefde staan in teenstruid met mekaar nie, die Liefde is die volkomenheid van die Wet.
    Jesus self sê:
    “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”
    Nie ontbind nie, nie vervang nie, vervul.
    Die Wet bly staan en die Wet is goed vir die oortuiging van sonde. Maar natuurlik kan die Wet nie van Sonde red nie, soos wat ek kan sien jy goed weet.

    Ons moenie sleg praat van die Wet nie. Die wet is goed.
    Ons moet sleg praat van sonde. Sonde is sleg.

    Baie liefde Joli!!

    “Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” Laaste vers van Romeine 3

    • Loli Pretorius
      Mei 11, 2012

      Sonde ís sleg, almal weet dit. Die Goeie Nuus, wat ons almal nie genoeg hoor of van kan kry nie, is Jesus se goedheid!!!
      Heb 8:6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.
      Heb 8:7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.
      Heb 8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,
      Heb 8:9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.
      Heb 8:10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
      Heb 8:11 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
      Heb 8:12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.
      Heb 8:13 As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.

      Dankie vir saam klets !! ” Goede dag”

  4. Pingback: Skottelgoedwas Reël Nommer Een « goeienuusloli

  5. Pingback: Abba my Pappa « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Mei 2012
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: