goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Goeie nuus…is mos GOEIE nuus!

 

Goeie nuus, maak mens bly!

Die Blye Boodskap

Duisende jare gelede het die mense Jesus begin verkondig. Dit was die evangelie. “Jesus het gekom” ” Hy is die Redder” “Hy het in my plek gesterf.”

(Ek is seker as jul my blog bietjie volg, kom jul agter my taal is effe ‘gemeng’. Ek het in Amerika gebly as kind, Eng. en Afr. skool gegaan…en daarom juis soek ek OOK maar gereeld woorde op in die HAT… So kweek ek my liefde vir ons moedertaal!!!!!)

HAT: Evangelie: BLYE boodskap, leer van Christus. 

I love it!  Die Engelse noem dit die ‘Gospels. The GOOD News.’

Ongelukkig, deur die jare het die Nuus verander.

In plaas van om te glo wat ons leer oor Jesus se goedheid, het mense begin dink …”Dis té goed om waar te wees. ” “Sekerlik, bedoel dit nie, Hy het al my sondes vergewe nie?” “Sekerlik moet ek die Tien Gebooie ook gehoorsaam?” “Dit kan nie alles net goed wees nie,  daar is nog iets vir my om te doen.”

So het ons die Ou verbond en die Nuwe Verbond begin meng.

Dit klink so… “Christ set us free, but if you’re living in adultery, be warned that you will burn in hell.”  

“Christ set us free, but He is punishing you for what your mother did”

“Christ set us free…but look here, it says you must fast and pray.” 

Jy was besig om na TBN / RadioKansel te luister, en hoor nou weer iets, wat bietjie die Ou Verbond (Moses se wet) en die Nuwe Verbond (van Jesus) meng.

(WEES veral versigtig as predikers kom met skrifte, want, dan voel mens, dit moet wáár wees… die Bybel sê dan so!)

(“Loli, nou lol jy.” Ek weet. Ek, moes óók leer om skrif inkonteks te lees. Hoekom? Want mens wil amper ‘n backup hê, vir jou gedrag , maar ook, as jy godsdienstig groot gemaak is, eintlik net eerlikwaar gehoorsaam wees!  (Sekere persoonlikhede is meer geneig daartoe.)

Bv. Deut.22:5 ‘‘n Vrou mag geen mansklere dra nie…’

(Ja, die Bybel sê dit! Nou as jy enigsins naby soos ek was toe ek my hart vir die Here gegee het, het ek al my broeke weggegooi, en JA, begin glo, AAAAAALLEEE vroue moet rok dra, want die “Bybel sê so”. Catch my drift?  Daar is honderde skrifte, wat hoog geleerde liturgiese mense só gebruik om hul skape mee te probeer leer.)

(Ons kan hul vergewe, hulle is ook mense.)

Hierdie is tog ‘n  goeie voorbeeld:

Want in die Ou Testament was dit ‘n  klere wet, maar in die Nuwe Testament, lewe ons vry van die wet, en gelukkig ook in jeans!!!! Dis die GOEIE NUUS.

(As jy glad nie met my kan identifiseer nie, verskil ons persoonlikhede, maar ek kan jou beloof as jy jou hart ondersoek, sal jy ook agter kom jy volg reëls na, wat jy ook nie van bewus is waar die ‘wortels’ ontstaan het nie!)

B.V. Jy kyk dalk nie T.V. Op Sondag want dis die Sabbat. Weer hoor ek die stemme “Vrou, gaan lees jou Bybel, daar’s 142 verse wat praat oor die Sabbat, hy moet geheilig word!!!!”

Wat sê die GOEIE NUUS? : Kol 2:16  “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie.”

B.V. Jy sit dalk ‘n hoed op jou kop in die kerk, want die “Bybel” sê so.

Maar, wat sê die Bybel ook, veral as dit kom by Jesus?

As dit ‘n wet was vir vrouens om hul koppe te bedek…wat het Jesus gedoen om ons vry te maak van daai wet?

Mense, denominasies word gestig, lidmate en kerkamptenare geskors oor nitty grittys. Vat elke liewe skrif , ja selfs die wat jy hoor by jou kerk,deur die kruis.

Mense, Jesus is die verskil. Hy het als vervul , ons lewe in die nuwe Testament, en gebruik die Ou een, om te sien wat Jesus vir ons gedoen het.

Dit is wat die Radikale, fantastiese, Goeie Nuus is, die ‘genade evangelie’

NIE ‘n bietjie oud, ‘n bietjie nuut,bietjie Jesus, bietjie ek… ALLES NUUT, ALLES Jesus, alles goed.

3 comments on “Goeie nuus…is mos GOEIE nuus!

  1. Pingback: Ek wou nog “NEE” sê, toe glip die ‘Ja.’ uit « goeienuusloli

  2. Pingback: Houtwerkster van formaat! « goeienuusloli

  3. Pingback: Goeie Nuus…Jesus is lief vir Lady Gaga « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Mei 11, 2012 by in Genade, wat praat jy nou? and tagged , , , , , , , , , , , .

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Mei 2012
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: