goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Godsdienstig? Nee, ek is ‘n Christen

Praying Monk

Is jy godsdienstig of ‘n Christen?

(“Loli, daar gaan jy alweer. Ek gaan kerk toe omdat ek godsdienstig is!!!)

Enige godsiens word gebaseer op ‘n klomp reëls, wat dikwels deur mense opgemaak is a.g.v. wat hulself geleer het as kind, en eenvoudig oordra aan die volgende geslag.

Reëls wat sê: doen dít, dan kry jy dát. Elke godsdiens op die aarde word gebaseer op hoe lief jy daai god het, en wat jy vir hom doen.

Voorbeelde: Vlieg in geboue vas, om jou god te behaag.

Slaan jouself met swepe om te ly soos Jesus.

Gebruik een mes vir melkprodukte en ander vir vleis.

Maak jou winkel toe op Vrydae tussen 12-2….julle verstaan my gedagtes.

( Ons sit voor die TV en kyk na sulke gedrag en dink: “ Dis so onnodig. Who in their right mind would do that for their god?”)

Die Christendom is uniek omdat dit presies die teenoorgestelde is, en eerder gaan oor hoe lief Jesus vir jou is.

Ongelukkig kruip godsdiens in die kerk in, ongeag van denominasie, en mense aanvaar dit as soetkoek OF verwerp sommer God geheel en al, omdat godsdiens nie werk nie!

Hoe kruip godsiens die kerk in?

(“Loli, daar gaan jy alweer. Ek gaan kerk toe omdat ek godsdienstig is!!!)

Kyk na die woord godsdiens.

Gods/diens

Ek dien my god.

Om my god te dien beteken:

Vroeg opstaan, Bybel lees

Bid

Vas

Kerk/tempel toe gaan

Arm mense help

Geld gee

Help in gemeenskap

AS ek hierdie goed doen, dan sal die Here weet hoe lief ek vir Hom is.

Dit klink alles so noble….en presies soos die ander godsdienste hier bo genoem!!!!

Enigste problem, dit raak baie uitputtend. Want al die dinge hang af van jou!!!

(En, sê nou maar jy het nie vandag gebid of maande laas kerk toe gegaan, dan voel jy weer as jy jou toon stamp…”Ja, die Here straf my seker vandag”)

Rom.10:2-4 “Ek kan getuig hoeveel hulle hulle vir God beywer, maar hierdie ywer is misplaas. Want hulle ignoreer die vryspraak van God en hulle streef daarna om self hulle saak met God reg te maak. Hulle is nie bereid om God se vryspraak te aanvaar nie. Christus is immers die eindbestemming van die wet, sodat elkeen wat in Hom glo, vrygespreek kan word.”

Nou is daar ‘n hele generasie wat so groot gemaak is, dalk self kerk toe geneem is deur hul ouers, maar net mooi nie sin kon maak deur wat hul daar sien/hoor, en dan sien of hoor by die huis nie. (Dis ‘n slegte grappie in my huis, maar bv. My pa het net stadig gery op Sondae na kerk, sy pakkie Romany creams en 2L Coke gekoop by die kafee, en ons mag nie daarvan gekry het nie!😥Dis klein dinge soos dit wat ‘n kind kan uitfigure, al verstaan hul dit nie aldag nie…maar SULKE groot indrukke maak, dat daai selfde kind (ek) vandag nog nie kan handle as my eie man stadig ry nie, want dit vir sinnebeeld al daai gevoelens wat ek in die kar moes verwerk: …my pa is nie lief vir my nie, hy wil nie met my deel nie, en hoekom moet ek nog kerk toe ook gaan?…

Dikwels word so kind groot, en besluit “No thanks, been there, done that, ek stel nie belang in godsdiens nie.”

OF , daai kind hou aan kerk toe gaan, want net dalkies, as sy nie… gaan die HERE haar straf!

Ja, godsdiens, is ‘n aaklige ding.

Dan is daar Gods’diens

Dit wat God gedoen het om ons te dien. (Dis wat van my vandag ‘n Christen maak.)

Hy het my gedien deur Sy seun se dood.

Ek aanvaar dat Jesus nie verniet gesterf het nie, daar is niks meer vir my om te doen om my ‘god’ te dien nie, behalwe om te glo in Sy goedheid. Deur Sy goedheid lewe ek in die nuwe wet van liefde.

Galasiërs 2:21 “Ek verwerp nie dié onverdiende goedheid van God nie. As dit moontlik was om deur God vrygespreek te word deur die wet te onderhou, het Christus mos verniet gesterf!”

Nou volg sekere dinge, meeste van die tyd, bloot uit ‘n liefde wat Hy vir my het,wat ek al hoe meer begryp, en omdat ek meer wil leer oor daai liefde.

Dis die Goeie Nuus, dit gaan nie oor my liefde vir Hom nie, maar Sy liefde vir my. God dien my.

Wow!

 

8 comments on “Godsdienstig? Nee, ek is ‘n Christen

  1. Son
    Mei 22, 2012

    Dankie Loli. Jy weet nie hoe nodig ek gehad het om hierdie vandag te lees nie.

  2. alleman
    Mei 24, 2012

    “Vlieg in geboue vas, om jou god te behaag” – moet Christene nie die waarheid praat ook nie?
    Daar is nie ‘n godsdiens wat hierin glo nie, maar dalk verwys jy na terrorisme.
    Die “Islamitiese” terrorisme waaraan jy dink, is nie weens die Islamitiese godsdiens nie, maar weens die volgende redes:
    Amerikaanse, Britse en westerse steun aan diktatoriale pro-westerse regimes in die Midde-Ooste, byvoorbeeld Saoedi-Arabië, Egipte, Bahrein Tunisië en nog ander (party van hierdie diktators is intussen omvergewerp)
    Amerikaanse en Westerse hulp aan Israel om die Palestyne te verdruk te bombardeer en te terroriseer.
    Neo-koloniale Anglo-Amerikaanse invalle op Irak, Afghanistan, Pakistan en Libië.

    Ongeag hierdie redes wat mense in Moslemlande het om die Weste te haat, is die meerderheid Moslems teen terrorisme gekant. Terrorisme is beslis nie deel van die Moslem geloof nie, en is ook nie deur Moslems uitgevind nie:
    http://en.wikipedia.org/wiki/History_of_terrorism#Early_terrorism
    Talle Westerse (veral regse) groepe gebruik ook terrorisme.

    • Loli Pretorius
      Mei 25, 2012

      Hi Alleman, dankie vir die inloer. Jy deel goeie kennis hier. Ek maak nie veralgemenings nie, ek lig voorbeelde uit van godsdienstige ‘praktyke’ wat allerhande mense in ‘verknoeing’ plaas. http://www.meforum.org/2478/suicide-bombing-as-worship
      Die artikel was egter oor die GOEIE Nuus van die nuwe verbond van Jesus Christus, wat beskikbaaar is aan enige nasie volk en taal!

      • alleman
        Mei 25, 2012

        Maar Loli, kyk na jou bron! “The Middle East Forum, a Philadelphia-based think tank, works to define and promote American interests in the Middle East and protect the Constitutional order from Middle Eastern threats” – dit staan op hulle voorblad. Met ander woorde, hulle, die Amerikaners, behou hulself die reg voor om hulle belange in die Midde Ooste te gaan “promote”, maar hulle wil die Midde Ooste teken as ‘n bedreiging en hulself daarteen verdedig. In hulle veldtog om hulle belange in die Midde Ooste te bevorder, maak hulle derduisende Midde Oosterlinge dood. Hulle martel en hulle bombardeer. Elke dag

        Wat beteken dit as Christene hulle blind hou vir die die Amerikaners se wrede verdrukking van Midde Oosterlinge, en terselfdertyd die slagoffers se godsdiens as iets boos voorstel?

      • Loli Pretorius
        Mei 25, 2012

        Alleman, jy mis my hart. (Ek praat allermins nie teen een geloof nie, maar teen alles wat ons dink ons moet doen in die ‘naam van geloof’, dikwels omdat ‘PA’ so sê, of omdat “MA” my so geleer het, of Ouma of die Oom by die kerk) Wat sê die Bybel, en watter verskil het Jesus gemaak?

  3. demoerin
    Mei 25, 2012

    Dit is waar daai Loli. Dit is so maklik om deesdae te sê “Ek is ‘n Christen” en vir die meeste beteken dit eintlik niks.

  4. Toortsie
    Mei 29, 2012

    Ek is ook ‘n Christen. Het ‘n verhouding met die Here, MY Here, die Lewende God. En omdat HY so baie vir my gedoen het, WIL EK GRAAG Sy Woord hoor, deur die Bybel te lees, en met Hom te praat deur gebed. Ek gaan graag kerk en bybelstudies toe omdat ek daar meer van Hom leer en omdat ek daar gemeenskap voel met ander kinders van Hom. Deur my samekomste met hulle, word ek geinspireer om Hom meer en meer te wil DIEN. En omdat ek weet dit wys wat in my hart aangaan, wil ek graag goed wees vir ander mense, omdat ek so baie baie dankbaar is vir wat Hy vir MY gedoen het. ek wil graag doen wat Hom behaag, omdat ek Sy kind is.
    Ek stem 100% saam met jou. Deesdae sê ek nie meer ek is ‘n Christen nie, eerder, ek is ‘n gelowige. Mooi dag en dankie dat jy skryf wat na aan jou hart lê.

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Mei 2012
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: