goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

“Mixed breed”… Loli Lol

Nevermind, eer jou vader en jou moeder!

Polities inkorrek, maar daar het jy dit: Ek is ‘n mixed breed.

n Behoorlike mengelmoes van menswees!!

Mix Een: Van my tienerjare al glo ek, ek is geroep om te preek. As mens só glo, dan studeer jy in daai rigting, en bedien mens antwoorde wat jy geleer het by ander. Selfs uit die Bybel. (Baie keer, omdat daai Amerikaner so sê, en dit klink goed!!😳 ) Dikwels bedien mens ook uit onkunde, en omdat jy jou pa geglo het of die domineee wat tog mos OOK geswot het…wat ookal? Gewoonlik wil mens hê dat wat jy sê goed klink, en ander sal help… miskien omdat jy so uitge’sort’ is. Wat probeer ek sê?  Partykeer deel mens effens uit hoogmoed, om belangrik te voel, om al die antwoorde te  hê.) Ek’s net eerlik…

 Mix Twee:  Toe begin ek skryf. Kom ons sê, ek wou presies weergee wat ek dink goed “klink” ,op papier. (Soos Oom Agnus😕 ) Ek kon dit nie doen nie! Ek kon nie maak asof ek al die antwoorde het nie! Ek moes skryf uit my hart en uit my ervaring, en besef toe op swart en wit, is dit baie meer, eg.

Mix Drie: Ek is Afrikaans. (In daai pakkie kom baie dinge, godsdiens, trots, soms martelaar, ‘Arme ek is oupa uil’-geite, respek, eerbied en wat nog als !)

 Mix Vier: Ek is effe verengels en Yankee. Ek het baie gemis van my opvoeding in letterkunde en taalsorg , omdat ek op nege Amerika toe is vir 5 vormingsjare. Ons het bly Afrikaans praat in die huis, maar my hart het in Engels ontwikkel en skool gegaan. Ek het die “Star spangled banner” gesing, en die “Pledge allegiance to the flag” op gesê. Ronald Reagan was my president. In Amerika, kan niemand politiek ontsnap nie, dit is oorals. Besides, elke dag is soos Disneyland Day.(Vermaak om elke hoek, skone land, kitskos se Moses! Terloops hulle wou ons nie by Disneyland inlaat omdat ons kaalvoet was, ‘n totale “NO NO” in V.S.A. My ma moes gou skoene koop by Walmart!!)

MAAR, moontlik het my ouers my juis weens die diplomatiek, te eng beskerm en niks geleer nie. (Stilbly oor dinge is nie opvoed of diplomaties nie! Ons doen dit soms maar almal met ons kinders. Sê niks oor seks, dan is daar niks, of so iets?)

EK het nie geweet hoe om te stem of vir wat, toe ek my eerste beurt kry in 1994 nie,  en juis toe maar my ‘Amercian roots’ gevolg agter ‘Madiba’ aan. Dit klink mos goed? The fight for freedom, democracy.

Wat my bring by…

Mix Vyf: Dalk is ek effe aktivis ook? Op Swart en Wit. Want hoe meer ek skryf kom ek agter, ek het ‘n opinie… en dis nie altyd wat my ‘kerk’ my geleer het nie!! Natuurlik glo ek, my oortuigings kom uit die Bybel, (het die Apartheids regime nie maar ook nie?)  MAAR, hier kom die shocker, ek is effe linksgesind en nie regs nie!!

Ek sal luidkeel proklameer dat Apartheid nie uit die Bybel uitkom nie, dit kom uit godsdiens. ( En hier kom my eie Goeie Nuus Loli stem dik deur….ek is nie vir godsdiens nie!! Ek haat godsdiens.

Godsdiens maak dat mense dink hulle is beter as ander, en gebruik dan hul geloofs verskonings om ander te kry om soos hul te wees. Dit kan van een ras na die ander wees, maar veral by ons Afrikaners dikwels sommer in die gesin en familie. (Nê?)  Want:  ‘Ek sal hom vergewe, maar ek sal nie met oom Pretorius praat nie, want hy het ons geld gesteel.’ bla bla bla!  Of, ‘ Sy stel my teleur, sy sleep my naam deur die modder… gee die nagmaal brood aan.’

Ja, godsdiens laat ‘n slegte smaak in mens se mond, en JA, partykeer kan mens eers jare en jare en jare later dit uitspoeg as jy die waarheid genoeg hoor (ja van die kansel af, en ja… watch this space: Loli word vry! Loli deel al hoe meer! Loli kan nie meer stil bly nie!!!!!)

Hoe meer mens oplet om op papier te sit; kom mens agter wat mens voel oor die samelewing …Ja op swart en wit.

Watse Mix is jy?

7 comments on ““Mixed breed”… Loli Lol

  1. MaanKind
    Junie 19, 2012

    Mix net my tale… Niks so interessant soos joune nie.

  2. demoerin
    Junie 22, 2012

    Al wat ek mix is my drank😆

  3. Son
    Junie 23, 2012

    Met ‘n Engelse, liberale pa, wat ook drie swart tale vlot kan praat en ‘n Afrikaanse, Boere ma is my mix nogals deurmekaar😉

    • Loli Pretorius
      Junie 25, 2012

      Welcome to the MIX….Wow…! Ek wens ek kon ‘swart taal’ praat… enige een. Het Zulu geswot vir een jaar…maar, aai, as mens nie oefen met iemand nie, kan jy maar vergeet. My skoonma was nou weer die “Pommie” , en my skoonpa die Boer!!

  4. Toortsie
    Junie 26, 2012

    Ek is sommer deurmekaar … so gemaak en so gelaat staan.🙂

  5. Pingback: Dit sneeu! « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Junie 2012
M T W T F S S
« May   Jul »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: