goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Vadersdag Vergete

Die oproep kom toe een Vadersdag laat , die stem is een wat ek ken. Neerhalend, ontevrede, uitdagend…hoekom bel ek nie?

“Ek is jou Pa. Ek hoop jy leer jou kinders anders!” Ek kon net teleurgesteld alweer, saggies sê: “Sorrie Pa. Ek was verkeerd.”

(Ek moes hom net gebel het.)

Ek kan nie liries raak oor Vadersdag nie.

Jare gelede het ek probeer…

ek wou my pa eer.

Ek wou hê hy moes weet hoe liéf ek hom het.

(Omdat dit die regte ding is om te doen? Sekerlik ja. Ek dog my motiewe was suiwer.)

Ons was reeds effe vervreem. Hy hou nie van my man nie, hy hou nie van wie ek is as vrou nie.

Ek het probeeer.

Elke jaar probeer ek weer. Sy foon gaan altyd oor voicemail toe.

Die boodskap is mos subtiel, maar duidelik…hy is nie beskikbaar vir my nie.

Dié jaar het ek dit gelos.

Here, ek het probeer…

Ek kon nie hierdie keer.

Wie van julle bel maar ook uit skuld en vriendelike verpligting? Toe kom nou, wees eerlik!

Wie sukkel maar ook om God se Vaderhart te begryp?

Goeie Nuus: Mens se ingekerfte ideë van wie God is, KAN verander deur jou gees te voer met Bybelse waarheid.

Rom 8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

5 comments on “Vadersdag Vergete

  1. Toortsie
    Junie 22, 2012

    Goed, ek sal eerlik wees. Ek bel en neem vir my ma ‘n geskenkie daarom. ek is lief vir haar en dankbaar. Maar die meeste van als doen ek dit omdat dit seker maar die ding is om te doen.
    My pa is lankal dood, maar ek en hy het ‘n goeie verhouding gehad. Hy sou vir MY ‘n boks tjoklits koop op vadersdag!
    Ag wat, so het elke huis maar sy kruis.

    • Loli Pretorius
      Junie 25, 2012

      Dankie oumieToorts, dit sou nogal interresant wees om die ontstaan van dié dae te ondersoek? ( maybe some other time….)
      Daar gaan baie ‘skuld gevoel’ saam met die dae….wat om te sê, wat om te gee?”Ek’s nie lus vandag nie, ag doen dit net….”
      Ek hou van wat jy sê van jou pa se vaderhart…gee my nogal ‘n idee om my kids te ‘treat’, dink net die verbasing? EN die verligting vir hulle wat vergeet het, en maar gewoonlik ook kom met: “Sorrie mamma”

  2. Son
    Junie 24, 2012

    Ek het my pa ook nie gebel op Vadersdag nie, maar glad nie omdat daar iets fout is nie. My familie ken my nou al, ek vergeet nie ‘n verjaarsdag nie en Kersfees is ook belangrik, maar verder DOEN ek nie hierdie ander dae nie. Sorry. Dis net TE aangeplak.

  3. Loli Pretorius
    Junie 25, 2012

    Kyk, ek was opgewonde toe ek die eerste paar keer kon deelneem aan die fanfare. Ek was mos ‘n first time mommy!!! Maar, ja, aangeplak is dit wel, en soos my man sê, ons is mos elke dag ouers.( Partydae, eish, weet ek nie wat ek doen nie?! )
    Ek het dit nou laat gaan in my hart, en verwag nie van my kinders om aan te plak nie….die lekkerste ding, in elk geval, is as boetietjie sommer net hier by die P.C. vir my sê, “Mamma, ek hou van jou.”…op ‘n Dinsdag.

  4. Pingback: Abba my Pappa « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 22, 2012 by in Genade, wat praat jy nou? and tagged , , , , , , , , , , , , .

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Junie 2012
M T W T F S S
« May   Jul »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: