goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Kinder Herinneringe…..wat kan jy onthou?

What Your Childhood Memories Say about You . . . and What You Can Do about It

Ek lees graag Dr. Kevin Leman se boeke. Hy is ‘n Christen, maar beslis nie eng godsdienstig nie / ortodoks in enige denominasie/ kerkleer nie.

  • Wat sy boeke uniek maak:
  • Humoristies
  • Baie goeie, eerlike staaltjies van die lewe
  • Mens kan dit nie neer sit nie
  • Gemaklike, alledaagse taal gebruik (vir die wat nie sielkunde geswot het nie)
  • Gee voorbeelde uit bekende akteurs / leiers se lewens

Die boek is vir enige iemand wat hom/haarself graag beter wil verstaan, en kom uit die basiese standpunt, dat alles wat jy doen en is vandag, gevorm word in jou kinderjare voor sewe jaar oud.

  • Hoekom jy presies soos jou ouers optree / presies die teenoorgestelde
  • Trauma, wat jy diep weg gebere het
  • Jou ‘ongeskrewe reëlboek’ : die wasgoed MOET sis of so wees ens.
  • Jou maat se ‘themepark’ …bv. hoekom is hy so aggresief? Hoekom is jy angstig, selfs as jy net vyf minute laat is?

Die boek het my lewe verander. Hoekom? Dit help mens om net dinge in perspektief te sien…sonder om vir berading te gaan.

Daar was trauma in my kleintyd met ‘n pa wat manies depressief was en dikwels ‘weg’ was. (By die kliniek of net ‘presentabsent’ soos hul sê.) Ek kan bitter min onthou van sy fases, maar meer onlangs, toe my man begin ver weg werk van die huis af, het ek in histeria begin gaan. Vrees, angs, paranoia. (Vir al die sterk, uitgesorte lesers😡  Daar is mense wat hulp nodig het, ek was een van hulle.)

Die kosbare ding is, mens is nooit klaar met die lewenspad nie, en mens kom nooit op ‘n plek van selfvergenoegdheid nie.

Skielik, waar daar geen herringeringe was nie, onthou ek hoe klein, nietig, naar, nutteloos, hulpeloos ek gevoel het as my Pappie net weg is.  Is dit enige wonder dat derduisende mense sukkel met ‘n beeld van God die Vader? Want ons kyk na ons Pappas, van kleins af, en ervaar die Here dieselfde.

  • Die boek bly egter ‘n lekker leesstuk vir al die ander mense wat nie probleme het nie😛
  • Bestel by CUM ( Ek het hom op die rak gekry, maar nie vrylik beskikbaar nie….DIT IS DIE WAG WERD)

Kom sê jou sê…jy is welkom!

11 comments on “Kinder Herinneringe…..wat kan jy onthou?

  1. MaanKind
    Junie 27, 2012

    Ek onthou die snaakste simpel klein dingetjies, wat glad nie significant was nie.

    • Loli Pretorius
      Junie 28, 2012

      Die Dokter leer in die boek, dat selfs ‘insignificant’ memories dalk juis ook indikasie gee tot jou gemoedstoestand vandag.
      Ons hoef nie almal ‘pakkies’ rond te dra nie, party mense is net gelukkig!
      Die boek help dan juis ‘n eggenoot om jou dalk beter te verstaan, wat dalk net altyd in feëtjie land voort sweef…en glad nie opgewek kan raak oor enige iets nie?

  2. murphy
    Junie 27, 2012

    Soos wat ek ouer word, begin sekere dinge ook by my opkom. Ek dink die lewe laat jou onthou wat jy kan, soos jy ouer word en dit kan hanteer, dalk?

    • Loli Pretorius
      Junie 28, 2012

      Jy slaan die spyker op die kop!
      Ek het vir jare seker maar effe die ‘martelaar’ rol gespeel, heeltyd opsoek na wat almal teen my gedoen het? (So iets?)
      Die boek het my gehelp om op te hou krap, deur uit te wys, hoe ek, Loli aanmekaar gesit is, en hoekom ek sekere dinge ‘verberg het’ in my ‘hartskamers’, wat ek nou beter mee kan deel soos ek ouer word.
      Lees dit, ek dare jou, dis nie boring of prekerig of ‘weird’ nie!

  3. Xena Phoenix
    Junie 27, 2012

    Ek onthou hoe ek in die sneeu gepiepie het.

    • Loli Pretorius
      Junie 28, 2012

      MMMmmm, kom ons ontleed dit😛
      Ek spot, maar, baie interresant, die boek verduidelik OOk, juis hoekom die ‘memory’ vir jou sou uitstaan. Ek vat ‘n kans, dalk ‘n strepie rebellie…

  4. demoerin
    Junie 28, 2012

    Onthou is sommer net lekker…mmm, wonder of dit ook iets beteken😆
    Ek dink dit is goed om te onthou, en dit is veral lekker as jy op ‘n punt tot die besef gekom het, dat ek ‘n som is van die verlede se lag en trane. Jy hoef nie die lag te onthou en die trane te vergeet nie.

    • Loli Pretorius
      Junie 29, 2012

      Dis ‘diep’ …I like that! (ek kan nie resist om by te las nou…
      Psa 56:8 (56:9) U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
      Without getting all ‘depressed’ and all …. ek wonder nou regtig oor hierdie bottel/kruik vol trane???

  5. Son
    Junie 30, 2012

    Vreemd hoe twee kinders se herinneringe kan verskil. Soms onthou my suster goed wat gebeur het en ek geen herinnering van het nie (ek is ouer as sy). Ander kere onthou ek weer goed wat sy behoort te onthou en dan doen sy nie.

    • Loli Pretorius
      Julie 2, 2012

      Ja, ek sê jou…sulke insidente van onthou, en nie onthou, of anders onthou…word ook deur die Dr. bespreek…dit het als met jou eie ek, geboorterang, ens.te doen…en dit maak NIE dat wat jy onthou reg of verkeerd is nie, en vice versa nie….maar kan wel beinvloed hoe jul wesenlik verskil vandag. Hier’s ‘n voorbeeld: Ek kan vandag nog dit haat om laat te wees, omdat ek as ousus altyd almal moes reg kry, en daai ‘jaag’ ding by my het. Kleinboet, kan nie verstaan hoekom ek so gejaagd is nie, (maar hy het nooit daai ‘verantwoordelikheid’/pressure gedra nie…en is vandag nog…laat, en boonop, meer relaxed! ) eenvoudige voorbeelde, maar kan huwelike, verhoudings en diesmeer red, verryk…of net lekker leesstof vir koueweer in die bed:mrgreen:

  6. Pingback: Kleine Snuiters tel die slapies af… « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Junie 2012
M T W T F S S
« May   Jul »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: