goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Depressie lyers…Daar is lig in die donker….

So, jy is op Prozac. (Ek was ook op veertien….nie pille nie🙂 …14 jarige ouderdom…en ek het hordes pillle ook gesluk om ‘n einde van my bestaan te maak. Vandag is ek bly ek lewe, en kan my nuus met jou deel.

Kan mens op veertien jarige ouderdom enige iets hê om werklik oor depressief te wees? Beslis.

Die artikel is vir al die lyers. Lees gerus verder…

Goeie Nuus: As jy vandag veertien is, hoef jy nie vir die volgende veertig jaar te ly nie. As jy reeds veertig jaar ly, is dié nuus net so goed.

As jy maar net kon weet hoe lief Jesus jou het,asook die mense om jou… met al jou foute…en hulle sin!

 

 

WAAR BEGIN DEPRESSIE?

In jou hart. Jou siel.Jou gedagtes. (“Nee, Loli, ek het dit ge-erf by my oupa.”  Bly by my, ek weet baie van ‘erf’.

Depressie begin in jou gewete.

Ons is almal gebore met ‘n gewete. Eenvoudig gestel,  die vermoë om te onderskei/  bewus te wees van goed en kwaad. Mens leef heeldag uit daai hart/sielskamer, en neem besluite. BV. Ja, vir opstaan, ja vir huil, nee vir porn, ja vir eet, nee vir optof.

Ons wat van buite kyk kan nie verstaan nie, tog kom die depressie lyer op ‘n plek waar hy/sy net nie meer krag het om te besluit nie. Moeg besluit, lê liewer in die bed. Slaap. Die liggaam begin self saamstem met die slaap, en die lyer is werklik moeg, of werklik hartseer.

Sommer net so oornag? Nee. (Gaan dit dan alles oor besluite? Die mense wat saam bly kan mos maklik voel: ” Nou maar goed besluit dan om die positiewe raak te sien, besluit om te lewe,  besluit om op te staan!!!”…

Nee, dit gaan nie net oor besluite en wilskrag nie.

Depressie begin wanneer die gewete doelbewus of ondoelbewus die heeltyd jou gedagtes oorneem met als wat jy verkeerd doen.

Vir ‘n veertienjarige wat godsienstig groot gemaak word:

Vir ‘n middeljarige wat godsienstige groot gemaak was:

Vir ‘n man wie se vrou ‘n affair gehad het…Vir ‘n vrou wie se man porn kyk.

“Loli. Ek is nie godsdienstig nie.”

Godsdienstig of nie, almal het ‘n gewete. MAAR diegene wat meer leer oor wat hul god verlang NOG meer. Want gewoonlik gaan mens kerk of tempel toe, en dies meer, om nog meer te leer, oor hoe jy nou juis moét leef.

‘n veertienjarige wat godsdienstig groot gemaak word:

Hoor van elke kant af hoe hul moet lewe, op daai ouderdom, smag na onvoorwaardelike liefde, kry nie in ouerhuis nie, moet daai liefde hê (almal is so gebore) Wie gaan daai liefde gee? Jesus? (Maar Hy vertel my net wat ek als fout doen. Ouers? Hul vertel my net als wat ek nog moet doen? Hierdie ou? Wel, hy vertel my hoe lief hy vir my is…hy laat my so lekker voel…seks is liefde…hy gaan altyd vir my lief wees….maande later,  verneuk die ridder …hy is nie lief vir my nie…hoekom?…ek het dan my hele lewe vir hom gegee…wat is fout met my?….niks…daar moet iets fout wees met my…ek het Sondag weer gehoor hoe sondig ek is….ja, daar is iets fout met my….

Vir ‘n middeljarige: So what as ek seks gehad het met sewe mense?…ek steel nie…ek gee geld vir liefdadigheid…ek is nie regtig rasisties nie…ek sorg goed vir my familie…die publiek respekteer my, die kerkraad ook….my baas het gesê hy wil my sien…gaan seker verhoging kry…hulle wil my afdank…ek kan dit nie glo nie…ek sal hulle wys….my vrou wil ‘n nuwe huis hê…hoe gaan ek sorg?…dis nou al drie maande….die dominee sê God help die wat hulself help….ek het al als probeer…ek is ‘n mislukking…wat is fout met my?…ja daar moet iets fout wees met my…my vrou sê ook so…..

Vir ‘n man wie se vrou ‘n affair gehad het….Vir ‘n vrou wie se man porn kyk

“Daar moet iets fout wees met my… daar moet iets fout wees met my”….en so gaan die liggaam aan. Dag in en dag uit, oomblik vir oomblik oor en oor, totdat jy nie meer jou kind van veertien erken nie. Dalk Jouself?D ie mense om jou.

(Nou kan jy die artikel lees en dink “ Okay, so moet ek net my kind vra wat is fout?” Dink jy jou godsdienstige kind, wat jy groot maak ,gaan sommer net sê, “Ag, mamma, ek en Prince Charming het seks gehad, en ek voel skuldig daaroor?” WAT? Jou óók nog teleurstel, saam met God, haarself en Jesus, die hele skool, die kerk, neee. En so groei die depressie voort, soos die gewete dit aanvoer en aanvoer en aanvoer.

As jy nou reeds veertig jaar ly, raak rustig en stil, ondersoek jou hart.

Waaroor dink jy die hele tyd? Ek het ‘n paar voorbeelde genoem. Wat is jou mislukking? Of wat  persoon ‘x’ aan jou gedoen het wat jou lei na die kos kas? Jou dwelm…Wat is daai ding wat jou eenmaal begin oortuig het dat jy misluk? Jy is ‘n mislukking omdat…..

Net daar . Daar is die wortel van jou depressie.

“But what now Loli? Where’s the good news in that?”

Maak jou ore vol van die Goeie Nuus, kliek en (lees gerus hier)

MOET asb nie nou afsit en dink… “Okay, so ek moet kerk toe gaan, mens hoor mos die ‘blye boodskap’ daar.”

(Ongelukkig nie. Onthou nou, ek praat nie teen my eie brigade nie, ek praat oor goeie nuus. Ons moet alles wat ons hoor, by ALMAL , selfs die waarna ons opkyk, deur die goeie nuus van die kruis vat. As jou dominee vir jou sê, jy lei aan depressie omdat jy die sondes van jou voorvaders dra, ja selfs tot in die derde en vierde geslag, bv.. dan smile jy as jy kan, en weet, dis nie Goeie Nuus nie!!Wat het Jesus dan gedoen aan die kruis? Kon Hy nie die nageslag vloek dra nie? ( ja, Hy kon, en Hy het!)

Gal 3:13  Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—

Nou vat jy hierdie Goeie Nuus versie, klou daaraan vas. Moet nie luister na die stemme in jou kop, wat sê :  “Ja, maar ek het my baba vermoor, ek is ‘n hoer, ek is vet, ek is ‘n slegte man, my vrou het my verneuk…” ens ens.

Glo eenvoudig, en hou jou ore vol van die Goeie Nuus….jou gewete…will thank you for it!

2 comments on “Depressie lyers…Daar is lig in die donker….

  1. demoerin
    Julie 27, 2012

    Ek haal my hoed af vir mense wat depressie kan baasraak. Omdat ek dit nie ken nie, het ek altyd gedink dit is sommer net ‘n klomp bollie, maar hoe meer ek ander mense se stories gelees en gehoor het, hoe meer het ek besef dit is eg.

    • Loli Pretorius
      Augustus 1, 2012

      Dankie D. Ja, depressie is eg, en daar is ‘n antwoord. Soms kry mens eers insig as mens self deur dinge gaan. Dis hoekom ek so ‘uit’ praat oor my eie lewe. Deur te praat, kom ander agter, ‘ek is nie alleen’, en gewoonlik is daar iemand anders, dalk reg langs ons wat deur dieselfde gaan. Baie keer, is ons probleem baie groot, en uniek, volgens ons eie gedagtes bv. my hare het als uitgeval, maar darem terug gegroei…toe sien ek ‘n vrou wat bles is, en besef, eish, dis nie net ek nie!

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Julie 2012
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: