goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Loli praat: Kraam!…natuurlik!

Womens Month is verby…. maar dis steeds tyd vir die Suid-Afrikaanse vrou om op te staan vir haar regte!

Die emansipasie van die vrou? Nee!  Die liberalisme van VROU wees …en HAAR kraam regte!!!

Ons veg ooral vir ons regte in die werkplek, die huis, die skool, die kerk, maar as Dokkie Kokkie sê : “ Mej. Jy sal ‘n Keiser moet hê, uh, jy’s baie klein…” op 16 weke, dan sê ons: “Uhm, yip, okay?”

Wil jy normaal geboorte skenk, en is jy bereid om daarvoor te veg?  (Dit klink siek, maar vir die ouer vrouens wat lees, times have changed…not women’s bodies…)

Hier’s die feite: Ceasarean Sections in South-Africa  Besluit jy self.

Wil Suid-Afrikaanse vrouens nie normaal kraam nie en moet ons vir ons dokters luister? Is dit normaal as vroue saam sit en klets, dat 90 % kraam stories vertel van die K-snit?

She said while Caesareans in public hospitals were done for good evidence-based reasons to ensure the safest outcome for mother and child, in the private sector the motive was different and this included doctor convenience and financial incentives for private hospitals.

Denny rejected suggestions that Caesareans were safer, describing this as a “false perception”.

She said WHO research showed that a Caesarean without a medical requirement was more life-threatening – about 10 times more likely than it was for normal vaginal deliveries.

“Women are being duped into believing that a C-section is easier, quicker and that it will prevent injury to the bladder and rectum. That is not true. Unnecessary interventions in childbirth, such as C-sections without medical indication are, in my opinion, not only bad practice but an assault on women and their babies, and should be discouraged at all costs.”

Professor Lynette Denny, head of obstetrics and gynaecology at UCT and Groote Schuur

“The vast majority of women are more than capable of delivering vaginally and if all is well it is without doubt the safest option for mothers and their babies,” she said.

Mevrou, Mej. …doen jou navorsing self, en glo aan daai wonderlike vroulike instinkiewe drang, wat vir jou sê: “Ek KAN!”

Take my word for it …

Goeienuusloli Raad:

Vra net bietjie rond as jy saam vrouens is. Vra uit oor hul bevalling/kraam verhale en maak ‘n ingeligte besluit/  konklusie, doen dit NOU.

Daar is êrens groot fout as niemand meer natuurlik kraam nie!!!!!

As jy regtig graag  natuurlik wil kraam in Suid- Afrika, kry ‘n vroedvrou., en besoek haar nes ‘n dokter.( Nie een langs die dokter nie, maar as die persoon in beheer v.d. bevalling.)

Die goeie nuus vroulief, jou lyf is gemaak om te kraam, of jy size 3 of size 8 skoene dra!

Goeie nuus : Jy kán natuurlik kraam!

Goeie nuus: Jy hoef nie ‘n keiser te hê nie! (Baie gynaes maak die regte klanke in die begin, en dan is daar skielik ‘noodgeval’ redes. Kry jou vroedvrou NOU)

Goeie nuus: Jou liggaam herstel vinnig na kraam! Dit is baie minder seer as ‘n Keiser…en jou blaas val nie uitmekaar nie😳

Goeie nuus: Jy kan tuis geboorte oorleef/ geniet!

Goeie nuus: Watergeboorte is nie weird nie…en vroedvrouens ook nie.

(As jy by jou gynae  natuurlik gekraam het, vertel ons gerus! Hierdie is nie ‘n bash the gynae post nie, eerder ‘n bevorder natuurlike kraam post…sommer in die bad ook– post! Vroedvrouens vang babas elke dag, enige dag …en enige tyd …van die dag. Baie is bereid om tuisgeboortes te doen, ander werk vanuit privaat klinieke en hospitale dwarsdeur Suid-Afrika. )

KIES KRAAM NATUURLIK…. en nee, ek is nie ‘n vroedvrou nie😉    miskien moés ek een gewees het🙂

9 comments on “Loli praat: Kraam!…natuurlik!

  1. Dirkie
    September 5, 2012

    Seker nie van toepassing oor die kramery… dit het ek nogal gemis( ek’s wel ‘n Ma- deur aanneming) / die wonder hoe moet dit voel as jou maag so balon staan/ hoe voel lewe… / natuurlik ook daarmee saam , hoe voel kraampyne…

    • Loli Pretorius
      September 5, 2012

      Watookal die rede, ek is jammer om te hoor jy het swangerskap gemis. Ek is bevoorreg (ek het nou al geleer om dit te sê, omdat geboorte dinge ‘n baie sensitiewe topic is in S.A.) dat ek wel goeie swangerskap ervaringe gehad het, asook 3 natuurlike bevallings.
      Dit voel baie weird in die begin om baba binne jou te hê, amper soos voor ‘n toets, as maag draai. Later ken mens die bewegings, en is dit mindboggling om daai knop te sien beweeg van buite.
      Kraampyne is seer, veral die eerste keer, maar daar vir ‘n doel en ek belowe jou, mens vergeet die pyn. Juis die dat ek ook skryf oor natuurlike geboorte. Met ‘n keiser , skip mens al daai, dikwels onder leiding van die dokter se voorstelle, só praat die medici gereeld vrouens uit ‘n wonderlike ervaring!

      • Dirkie
        September 5, 2012

        Baie leersaam – anderdag dan blaai jy terug na my eerste blog (12-stukke geskryf- daar het ek geskryf oor my “kraamproses” van Kinderaanneming.
        Ek’s maar pieperig- !!! sou dalk geval het vir die keiser!!

      • Loli Pretorius
        September 5, 2012

        Waar kry ek ‘link’ na jou eerste blog?

      • Dirkie
        September 5, 2012

        Nou vra die kind wat weet van links en tags vir ‘n ou tante wat net blog…. jammer jy sal of vir maankind of toorts sulke goeters moet vra. hul gee moed op met my rekenaar gestremdheid. Anders moet jy maar onderaan my blog die pyltjie druk vorige blogs, tot jy by die blog uitkom met die opskrif ” En toe verwag ek ook” so genommer. Jammer Loli….

  2. stephanie
    September 5, 2012

    Hi, i gave natural birth to both my children, yes it was painful, but the joy when they were born outweighed the pain…once in the maternity ward i could hold my baby and nurse my baby with pleasure, it broke my heart to see moms that have had a c-section not being able to hold their babies or nurse them. i dont think it’s worth it.

    • Loli Pretorius
      September 5, 2012

      Thanx Steph! You are one of the very few fortunate ladies to have had natural childbirth. Yes, it is very sad. I am not against c-sections per se, it’s just gotten way out of hand in our country, and women are being robbed of a most liberating feminine experience, with lots of misinformation about what their bodies can and cannot do. Our country being third world, should have a lower c-section rate, as it is a very expensive and serious operation. My doctor friend in Canada said statistics there are reversed. ie. one c-section in sixteen pregnancies. Now are the Canadian women different , or is their medical mindset, more naturally inclined, or are their pregnacies funded mostly through government?
      Ditsem. Dit gaan baie oor geld en convenience. (en nou preek ek vir jou, maar jy kan sien my hartjie klop oor die ding, nê?)

  3. mariska
    September 24, 2012

    hey ek is nou 24 weke,ek wil net weet as is die beste om normaal te kraam om keiser. ek is baie bang weeti wat om met een van hul te verwag nie. raad as

    • Loli Pretorius
      September 25, 2012

      Hi Mariska, jy is welkom hier en dankie vir die inloer. Lees asb. die ander inskrywings na die een (kraam een, kraam twee, kraam drie)
      En onthou groot asb die volgende raad:
      – ek deel my eie ervaringe, en maak gevolgtrekkings en afleidings gebaseer op my ondervindings en ja, stastitiek, en feite MAAR
      -elke vrou is uniek
      – so dit is belangrik om goed navorsing te doen, en met soveel moontlik mense te praat (medici en dood gewones soos ek)
      – daar is nie rede om bang te wees vir een van die opsies nie, maar dit is normaal om angstig te wees, omdat jy moet onthou, dit is ‘n heeltemal nuwe ervaring om mamma te word. NIKS kan jou TOTAAL daarop voorberei nie
      – jy gaan wel vind,dat baie min vrouens vandag normaal kraam, en dat keisers al hoe meer voorgestel word omdat dit beheerbaar is
      – wat ek daardeur bedoel is, die dokter kan besluit watter dag vir jul albei pas, jy kan jou lewe daarvolgens beplan, bitter min behoort verkeerd te gaan
      -dieselfde is waar vir normaal kraam, in die sin dat bitter min verkeerd behoort te gaan( behalwe dat, jy nie kan beheer wanneer baba kom nie. Hy/ sy kom naby, of op, EDD, of dikwels later) Hierdie gevoel van ‘nie in beheer’ wees nie, is wat baie vrouens oorreed om liewer die keiser roete te gaan, en dis nie verkeerd nie, so ken jouself goed genoeg om te weet of jy gaan ‘dilly’ word vir die wag OF bv. ‘ok’ is daarmee
      -keisers is duurder, as normaal kraam omdat dit ‘n operasie is ( daar is meer onkostes en dit vat baie langer om te herstel. Die herstel kan jou as vrou beroof van baie van die vreugde wat jou nuwe mensie verskaf)
      -dit is seer om normaal te kraam, maar jy herstel regtig baie vinnig
      Mariska, lees soveel moontlik oor natuurlike geboorte en keisers, en as jy ongelukkig voel oor jou eie Dr. se raad, is jy geregtig op ‘n tweede en derde medici opinie. M.A.W, ek is nie ‘n dokter nie, maar ek is ‘n vrou, met ‘n vurige hart, vir elke ander vrou om normaal te MAG kraam, as sy wil, en om nie oortuig te word, as daar werklik GEEN gesondheidsrede is om ‘n keiser te kry nie( en daar is bitter min redes, maar daar is rede. So maak ‘n ingeligte besluit!)

      As jy nog wil gesels luister ek graag.
      Groete

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

September 2012
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: