goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Goeienuusloli praat KRAAM…Natuurlik: Geboorte Een: In die water

Goeienuusloli praat kraam…Natuurlik: Geboorte Een

Toevallig dit was bestem,  dat ek by ‘n vroedvrou sou beland tydens my eerste  swangerskap. Ek was eerste getroud van my maats, en het nie ‘n gynea gehad op 22 jr ouderdom nie. Op 24  is die twee strepies daar, en ek opsoek na dokter. By die kerk verwys ‘n ouer ma my….and the rest is history.

Van my eerste besoek, opvolg, scans… tot die bevalling was als by haar, asook die na-ondersoek. Vroedvrouens in privaatpraktyk het hul eie spreekkamers, toerusting ens. (Hulle is mense wat spesialiseer in baba VANG, nie net langs die dokter in teater nie, maar as persoon in beheer van die bevalling, wat die besluite maak en opdragte gee.) (Deesdae kan mens blykbaar van haar fooi ook eis van mediese fonds, doen self navraag. Maar onthou mediese fondse gaan oor geld, NIE oor wat jy wil hê as swanger mamma nie.Doen jou huiswerk en neem ingeligte besluite) Kliek en Lees hier en kom weer terug .

Ek het nie ‘n oomblik getwyfel aan die bekwaamheid van my vroedvrou nie. Ek het niks gehad om haar mee te vergelyk nie. Sy het my gemaklik laat voel en  altyd my vrae beantwoord met deernis en insig, en kraam, sou ek kraam.  TOTDAT ek die dag gaan vir my voorgeboorte klasse en in aanraking kom met al die ander swanger mammas by gynea ‘such and such’ and gynea ‘who’s doing you?”

Niemand anders sou kraam by ‘n vroedvrou nie, maak ek dalk ‘n fout? (Niemand anders sou normaal kraam in daai klas nie…WIE maak die fout?)

Maar foute wou ek nie maak nie, en vra toe die fasiliteerder om raad. Toevallig  ‘n oud vroedvrou (en vandag redakteur van ‘n vooraanstaande baba tydskrif) ” You are with one of the finest midwives in the country. Rest assured she will take good care of you. Most, if not all of these women will have ceasars.”

En toe was dit óók so.( Gewoonlik bespreek mens jou private kamer vooruit vir jou datum by die kliniek/hospitaal waar jou vroedvrou werk. OF doen tuisgeboorte  (meer hieroor later: Goeienuusloli praat Kraam: Natuurlik…Geboorte Drie: By die huis)

My E.D.D was 3 Aug en niks het gebeur nie. (Teen die tyd gaan mens elke week vir ‘n besoek.)

En so het ons die dae afgetel. 11 DAE later (Ja.11. As ek by ‘n gynea was, was my baba lankal uit gesny) 11 dae na die estimated due date kry ek my eerste kramp (nie erg seer nie)

8 uur aandIn kontak met my vroedvrou wat alles op foon deur gaan en vir my nog simptome verduidelik.  Ek en manlief gaan mall toe vir ‘n paar arcade games.   (Niks ander pyne nie)

11:30 aand : Kan nie slaap nie, krampe kom weer. In kontak op foon, begin pyne time en gaan kliniek toe.

By die kliniek, boek in en word ondersoek deur my eie vroedvrou. Sy doen haar ding, en gaan slaap! (Ek is nog nie ge dilute nie, en sy gaan slaap!!!!!!!) (Waar’s my lawyer, nê?) Maar verseker my dat sy net langsaan is en dat ek kan roep vir hulp.

En roep het ek geroep….ek het die gemaklikste gevoel op die toilet…en dis waar sy my gekry het.

Toe kom die shocker…” Are you ready to get into the water?”    Water? Toe ons my ‘geboorteplan‘ deurgegaan het, was daar nie regtig gepraat oor water nie, net dat ek haar sal vertrou met wat sy dink die beste middel van pynverligting is, sodat ek natuurlik kan kraam…..WATER??????

7:00 die oggend Teen die tyd, was daar niks in my oor om te stry nie. In fact, die diep water poel het aanloklik gelyk, en die bad het dadelik my pyn verlig. (Ja, jy klim kaal in, en ja, selfs skame Afrikaanse meisies gee nie om nie )(Ek is nie geskeer, of gesny, of ge-epidural nie)

Die bad is van so aard dat dit gelig is, en die vroudvrou regop langs jou staan. Sy doen die  begeleiding en bevalling van daar.En al wat manlief kan doen is STAAAAR! ( Ek sal nooit my man se gesig vergeet toe my baba uitkom nie.)

8:15 die oggend Die vroedvrou haal dadelik jou kleintjie uit die water uit, en sit hom/haar op jou bo- lyf. (In daai eerste oomblik, kan ek net sê, lyk jou babatjie soos ‘n alien. ‘n dingetjie wat kriewel, met snaakse voelers, en vreemde klankies) Ons het maklik tien minute so in stilte bewonder, die Here opnuut ontdek, verwonder, en in oomblikke, die pyn vergeet.)

Dan word die koord gesny, ( deur boeta se pappa) Die vroedvrou trek effens aan die koord om die plasenta te verwyder. Sy ondersoek die plasenta en jou nuwe 3.93 kg baba, doen die agpar ens.

Jy klim uit, droog af en gaan lê op die bed om jou nuwe mensie te ontmoet en aan jou bors voortestel.

Dames en here, so 10 uur, is ek huis toe.  (Totale bevallings ure van eerste pyn so 12 ure)

Dieselfde dag en vir ‘n week of so, kom kuier die vroedvrou by jou en jou klein mensie by die huis, om seker te maak dat jul mekaar vind met voeding en slaap. (Maar wie kan slaap? Nou praat ek van die opwinding soort…gelukkig vir my…was ek op ‘n endorphine happy. Mens kan mos later slaap ? Oor so 18 jaar….)

Vertel gerus van jou geluk/ongeluk met bevalling. Dis traumaties vir baie…en gesels werk wonders….

 

One comment on “Goeienuusloli praat KRAAM…Natuurlik: Geboorte Een: In die water

  1. MaanKind
    September 7, 2012

    Ek het al hieroor geskryf!
    Neeee kyk, 36 jaar gelede was dit bitter traumaties.

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 7, 2012 by in Ek is so gebore!,Vrouens and tagged , , , , , , , , , , , , , .

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

September 2012
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: