goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

KRAAM…Natuurlik: Geboorte Twee: ‘Induced’

Goeienuusloli praat KRAAM…Natuurlik: Geboorte Twee

En toe wou ek mos ‘n tuisgeboorte hê. Wie dan anders om te vra as my vorige vroedvrou? Wat dan anders om te doen as WATERGEBOORTE?….en ons is weg om te beplan.

Gelukkig om te hoor dat die ouer dame nog praktiseer…is ek na haar toe vir al my ondersoeke, scans ens ens. Ek het nie weer klasse geloop nie …vir wat, nê? Dié klasse help in elkgeval niks nie, want mens vergeet als wat jy geleer het!😆

Al die nodige voorsorg maatreëls is getref. Vir tuisgeboortes:

  • huur van waterpoel ( soos opblaas swembadjie)
  • huur van suurstof, masker ens. ( vir noodgevalle)
  • verpligte ondersoek by gynea van ‘n hospitaal/kliniek 5-10 km van jou woning ( om te sien of jy medies gesond is om by die huis te kraam, asook indien iets sou fout gaan, dan is jy naby)

En siedaar….ek gaan by die huis kraam!!! (Terloops, die gewone huis het minder kieme as enige hospitaal.)

6:00 uur die oggend, bars daar ‘n prop uit my lyf. Ek het dit hoor ‘pop’. MMh? Ek het dit nog nooit gehoor nie. Ek bel my vroedvrou…

“Mmh, dit klink of jou water gebreek het…bel my as jou krampe begin”  (Wat? My baba is eers due in drie weke? !   (Ja, baba nommer twee was drie weke vroeg. Onthou nou, as ek by ‘n gynea was, het hy my al 8:00 uur oop gesny. Dit is baie belangrik om hier te noem vir die leser wat swanger is : an Estimated Due Date, is net dit. ‘n Estimasie. Ek hou van medici en wat dit als vir die mensdom verrig. Ongelukkig, omdat die masjiene so fyn getune is, kan ons vrouens verwag dat as die masjien sê, my baba kom Woensdag, dan moet hy/sy Woensdag kom…. UH, nee…maar die dokter sal jou ook oortuig dat daai baba moet uit, omdat die masjien so sê. Natuurlike geboorte sê: gee dit kans, ons gebruik die masjien om ons te help, nie om ons te oorreed wat volgende moet gebeur nie. )

3:00 uur die middag en geen ander simptome nie. Ek is steeds by die huis, maar die vroedvrou bel om te sê, ek moet inkom vir ondersoek.  “Dis nie meer veilig nie, ons sal jou moet induce.”   (Induce? Ons het dit nie bespreek nie. Waar is my lawyer?…nê?)

En siedaar, ek gaan NIE by die huis kraam NIE….

Induction is seer. Dit veroorsaak dat jou pyne en krampe vinniger kom, met meer oomf…en waar is die epidural?

Maar daar is water…en in die geboortepoel, kraam ek weer later …

7:30 die aand….en die pyn is vergete. Ek is by my volle bewussein om baboetie nommer twee, wat toe baie kleiner is as sy ouboet, 3.36 kg maar nie PREM nie!  te verwelkom.

En die goeie slegte nuus? Die vroedvrou verwittig my, dat ek nie huis toe kan gaan nie. Ek moet die aand oorslaap, in die kraam‘keisersaal’. Wat gebeur toe daar?  In ‘n kamer van ses vrouens, is ek die enigste een wat gekraam het…en ek is WAKKER, en ek wil my baba by my hê!

Die ander is uit gezonk, en die een kla: “Can you ask that lady to take her baby outside. I’m trying to sleep!”

Bevallings duur: van oggend tot aand 14 ure met induction.

Vroedvrou ontslaan my die volgende oggend en besoek my tuis vir die volgende week. Baboetie het effens jaundice, en ons behandel hom deur sy kleertjies uit te trek en hom in die son te laat bak. (Ek het mos gesê, dis natuurlike geboorte😉

Vertel ons gerus, of het ek jou al oortuig: Daar’s iets fout as vrouens nie meer normaal kan kraam nie! Wat dink jy is dit? ek is seker jy kan afraai wat ek dink…..

4 comments on “KRAAM…Natuurlik: Geboorte Twee: ‘Induced’

  1. MaanKind
    September 9, 2012

    Dit is die dokters wat dit geriefliker wil hê, vir hulleself

  2. MaanKind
    September 9, 2012

    Maar dan, ek onthou my kraamproses as bitter traumaties, en ek was by my dogter se ‘gerieflike nie-self-gekraam’ geboorte. Sy het heeltyd gelag en gesels.

    • Loli Pretorius
      September 10, 2012

      Ja liewe Maankind, elke vrou se geboorte ervaring is uniek, en ek weet dit gaan gepaard met trauma vir die meeste van ons. Maar weet jy, as juffrou en mamma het ek net van 2 vroue geweet wat normaal gekraam het, en mens hoor by die dag nog minder daarvan, amper asof dit ‘nie meer moontlik is’ nie! Ek hoop my skrywe kan iemand inspireer, want ek is net’n normale vrou, met ‘n taamlike goeie ervaring om te deel!

      • MaanKind
        September 10, 2012

        Hou so aan! Dis great!

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

September 2012
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: