goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

KRAAM…Natuurlik: Geboorte Drie: Tuis, uiteindelik!

Goeienuusloli praat KRAAM…Natuurlik: Geboorte Drie

Hoekom ek nie teen dié tyd besluit het om my droom op tuisgeboorte  te laat vaar nie, weet natuurlik niemand, behalwe my man en vroedvrou🙂

Ek was mos nou al ‘n gesoute ‘kramer’ en mamma, en gesond, jonk en reg om te druk ….voor my vroedvrou sou aftree😉

Lees asb.hier oor die gebruik van vroudvrouens om te kraam, i.p.v. gyneas of dokters.

Die EDD breek aan, en ek is full term…en warm. Dis Januarie.

5 uur die oggend begin my maag werk…8:45 dieselfde oggend is boetie nommer drie gebore. (Twee dae verby sy datum, en 4.1kg later)

By die huis, in my eie bad, nie die een wat ek gehuur het, en sonder water….eish😯

Totale duur van bevalling: 3 ure 45 min. …eish😐

Dit was als beplan, elke stappie gevolg tot die T.

Na ek van die bank af opgestaan het, omdat my maag seer was het ek gesê : “Manlief, ek dink ek gaan vandag kraam. Miskien moet jy die kinders maar gaan aflaai.” Almal uit na Ouma, en ek is alleen. Daar is mos nog so 10 ure oor?

En bel die vroedvrou….terug toilet toe…en ek begin… panic.

Dié krampe ken ek mos nou altegoed…en bel weer…MY MAN.

“Nee liefie. Kom terug.”

“Maar ek is nog nie by Ma nie”

“Ek sê, KOM TERUG. EK GAAN KRAAM.”

Die kinders is saam, en my ma kom agterna…met vroedvrou in sleep…daar waar ek op die toilet sit….

Daar was nie tyd vir  opblaaswaterbaddens tap en musiekies speel, of voete vryf nie…die dame ondersoek my en spreek my aan :

“Get in the bath. You are going to push this baby out, NOW.”

Ons Suid-Afrikaners word mos gespot deur die buitelanders oor ons gebruik van die woord ‘nou-nou’ of ‘just now’….wel, dit was toe ook nie nou-nou nie maar NOU. EN NOU dadelik!!!!!    :mrgreen:

Ek het ons kleine seun, uitgedruk met een kontraksie. (Dit sê ek nie om te spog nie, maar eerder om te erken dat ek POEP bang was. Dit was my vroedvrou se gesig. Sy was kalm, maar geset, korporaalagtig, dood, strak, ferm sagkens Hitler-agtig?)

Hoe dan nou Loli? Wat het fout gegaan?  

My babatjie het saam met my begin stress, en sy eerste stoelgang gemaak binne in my baarmoeder. Dit lek uit as lig bruinerige vloeistof. My vroedvrou het dadelik geweet dat daar nie tydspeling is nie, en my toegelaat om normaal te kraam, sonder water. Sy het  my seun se lugweg skoon gesuig en suurstof toegedien….hom op my bolyf geplaas…vir al die euforie… heelaas.

(Get this. As ouerpaar kry mens die geleentheid om self die plasenta te begrawe😛    Bietjie weird, maar tog baie spesiaal)

TUISGEBOORTE TIPS:

  • vetrou jou vroedvrou
  • berei so goed moontlik voor
  • weet dat jy nie sommer ondersteuning gaan kry van vriendinne/familie/naaste geliefdes nie
  • Ontspan . Derduisende vrouens wêreldwyd doen dit elke dag, en Suid-Afrikaanse vrouens kan!
  • Ontspan. Jou baba gaan kom.

Wat leer mens deur my ervaring?

  • elke mamma is uniek
  • elke bevalling is uniek
  • ek glo natuurlik 80%  + van vroue kan natuurlik kraam, maar dat hul nie die geleentheid gegun word in ons land deur honger mediese fondse, en masjiene wat ‘leuens’ vertel. bv. ‘Your baby is in distress’ (ALLE BABAS se hartjie klop vinniger voor geboorte. ‘Your baby’s umbilical cord is wrapped around it’s neck’ ALLE BABAS sin is omtrent altyd, die Dr. moet dit eenvoudig afhaal, en so gaan die witleuens aan)
  • Moet almal by die huis kraam? NEE!  Beslis nie, maar jou liggaam kan.
  • Ek sou dalk nie weer nie, maar kyk nou net. Ek het nie eers geweet ek is in labour nie. My pyne was soos maagwerk met my derde baba, en ek kon netsowel langs die pad gekraam het oppad hospitaal toe of in ‘n boom!….dan was dit nou éérs natuurlike kraam!   

Wat is jou bekommernis oor watergeboorte, tuis of natuurlik kraam ? Vra jou vrae hier…

2 comments on “KRAAM…Natuurlik: Geboorte Drie: Tuis, uiteindelik!

  1. Toortsie
    September 13, 2012

    Eks bly dit het goed afgeloop.

  2. Pingback: Skottelgoedwas Reël Nommer Een « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

September 2012
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: