goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Stap net…jy sal later fantasties voel!

Stap net…jy sal later fantasties voel

So, ek het altyd in Jo’burg gestap. Vroeg oggend, laai die kids af by die skool, parkeer jou kar en weg is jy. (Noudat ek daaraan dink besef ek, ek was net so bang vir die Jo’burg girls soos die Nellie clan, maar nou ja. (Hoekom? Lees meer hier)

Stap is nie vir almal nie, party mense dink dis net vir die ouer brigade.

Stap is:

  • eenvoudig
  • verniet
  • jy kry nie sommer seer nie
  • en jy ‘connect’ met jou omgewing en gemeenskap.

Ek doen dit omdat die lug lekker ruik. (Ja, self in Jhb kon mens die bloeisels ruik of die Denne  penne) In Nelspruit is daar ander reuke…watch this space.

Maar nou ja, die artikel gaan eintlik oor stap. Ek het pas weer begin en is beslis oortuig om aan te hou. Liewe leser, jy kan ook!

Begin net weer, of vir die eerste keer!!!!

Ek het vir twee dae alleen gestap, toe bel ‘n mamma my wat my padlangs gesien het. Wonderwerke gebeur, en nou het ek ‘n stap maat! Kry een, of begin alleen. Of sluit aan by Walk for life , doen dit net.

As jy eers in jou ritme is, is daar niks so lekker soos die klank van jou tekkie op die teer en die klop van jou hart in jou oor…natuurlik saam met die gesuis van die karre wat verby steek, of die voëltjies wat tjirp…en die swart man wat skree. ( mens kry meer begrip vir die man op straat as jy saam hom loop!)

Beste van als, jy sal later fantasties voel. Ek belowe. Die endorphins kick in, en jou hart vra: “Waar was jy al hierdie tyd?”

Tweede beste van als, jou gees klop weer met skrywer idees wat sê..”Probeer nog ‘n keer.”

11 comments on “Stap net…jy sal later fantasties voel!

  1. demoerin
    September 19, 2012

    Ware woorde. Ai, ek moet hierdie lyf weer in rat kry!

    • Loli Pretorius
      September 19, 2012

      Ek sê weer….STAP net, jy sal later fantasties voel!

  2. Pingback: Bergland wen Spur Mpumalanga Mountainbike Challenge 2012 « goeienuusloli

  3. Pingback: Geestelike Hoogmoed: Is daar so iets? « goeienuusloli

  4. Plasie
    September 25, 2012

    Ek het nou die pas afgelope langnaweek so ‘n bietjie daar in jou wêreld kon gaan stap, en dit was bitterlik baie lekkerder as hier in die blink liggies. Kan iemand net vir my beduie waar steek julle die gelykpad weg?

    • Loli Pretorius
      September 25, 2012

      😆
      Dit, was die ‘gelyke’ pad !!!😆
      En die reuk? Is die lug nie ook super fantastiesimo nie?

      • Plasie
        September 25, 2012

        Skoon lug wat ruik na bloeisels. Uitsigte om oor verse te skryf. Voëlgesang. Dit is alles daar, en as my bene nie soos ‘n ander ou s’n gevoel het en my asem nie so gejaag het nie so ek dit selfs meer kon waardeer.

      • Loli Pretorius
        September 25, 2012

        Dankie liewe Plasie!!!!
        Jy maak my sommer vanvooraf lieries!!!! Ek sê weer….hou net aan stap! Jy sal later fantasties voel!!!!!!

  5. Toortsie
    September 27, 2012

    Ek is mal oor stap. My stap-ervaring is net totaal anders. Sien, ek kan ‘n hele uur en langer stap en dan is die kans daar dat nie een voertuig by my verby kom nie, selfs al stap ek langs die grootpad! Nou die dag was hier chaos! ‘n Hele spitsverkeer! Ek dink daar het 5 motors verby gekom! auch

    • Loli Pretorius
      September 27, 2012

      Dit is baie snaaks. Ek dog ék bly op ‘n dorp!

      • Toortsie
        September 27, 2012

        ek bly ver ver ver van ‘n dorp af…..

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

September 2012
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: