goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Die Opwasbak

Skottelgoedwas….hoekom is dit alweer my beurt?

“Ek is nie lus nie, ek doen dit altyd!”

“ Ek is nie die bediende nie!”

“Ek sal, maar wanneer dit my pas.”

“Sis, Mamma dis yukkie!”  EN…

“Vir wat betaal ek vir Marta, sy was soos haar ….”Ag wat, Skottelgoedwas bly maar ‘n issue.

Verhouding van tien jaar verbrokkel by opwasbak.

Jare gelede is my eggenoot sy ‘beste man’ ( ‘n ouer, en gerespekteerde familielid en mentor ) kwyt, omdat ek nie die skottelgoed gewas het nie! As jong verloofdes  is ons een aand ingeroep en verwittig dat ek basies sleg is, omdat ek nie sy vrou in die kombuis help nie. Hulle moes dit van hul harte af kry en selfs saam met ons bid… Ek, haal nie die merk van behoedsaam, diensbaar en vrolik nie.  Die mentorverhouding van tien jaar verbrokkel net daar… by die skoner as skoon… opwasbak!!!

(Vandag kan ek dalk effe sarkasties wees daaroor, maar as jonge dame en toe nog ENGer as eng godsdienstig en ENG mensvresend was my hart verskeur.)

Heellaas weet ek vandag van beter…maar van waar al die skottelgoedwas issues?

Dikwels kom mens eers agter daar is skottelgoedwas issues as jy weg is van die huis  OF saam ander mense kuier OF op vakansie gaan.

Hoekom? Want by die huis weet ons soort van wie se job dit is (OF  baklei ons maar.. of los dit daar..)

Wat is jou issues met skottelgoed was, en wie se beurt is dit vanaand?   

Lekker naweek!

:mrgreen:

11 comments on “Die Opwasbak

  1. MaanKind
    September 27, 2012

    Geen issues, selfs toe kinders nog in die huis was. Elke ou pak weg wat hy gebruik, na ete help almal opruim en skottelgoedwasser pak. Toe kinders in die huis was het meisies beurte gehad om skottelgoedwasser uit te pak en tee te maak, en nou pak wie ook al naby is dit uit.

    • Loli Pretorius
      September 28, 2012

      Aai, dit klink idilies! Nee wat, miskien is dié my issue, die dat ek die huis met 4 mansmense deel!!! Ons kan nogal lekker stry, selfs al het ons nou ook ‘n dishwasher! Haar naam is “Defy”🙂

  2. Plasie
    September 27, 2012

    Toe onse ma nog vir ons gesorg het was dit my en my suster se taak om te sorg dat die skottelgoed gewas en weggepak word na ete. Die-een-wat-gehoorsaam-moet-word en die knormoer het my bietjie bederf en hulle behartig meestal die skottelgoed takies deesdae, maar ek verneem daar is foto’s in die besit van die-een….,wat bewys dat ek wel die kuns van skottelgoed was bemeester het.

    • Loli Pretorius
      September 28, 2012

      Dis baie snaaks. Ek het ook EEN foto van my man en broer wat skottelgoed was. Ek dink ek gaan die kiekie vergroot en by die opwasbak sit!

  3. Pingback: Skottelgoedwas….hoekom is dit alweer my beurt? « goeienuusloli

  4. Vlooi
    Oktober 1, 2012

    Nie ek of suskind is groot op skottelgoed nie. Afhangend van die volheid van die maan diensooreenkomstig is die volheid van die wasbak🙂

  5. Pingback: Gasvrou Sewe « goeienuusloli

  6. Pingback: Skottelgoedwas Reël Nommer Een « goeienuusloli

  7. lekkerjeuk
    Oktober 16, 2012

    Partykeer is skottelgoedwas nie so erg nie. Wanneer jy alleen is en jy mag dit was soos jy wil en jy kyk deur die venster na jou tuintjie, word dit amper soos ‘n vorm van meditasie en nogal ontspannend. Maar nie met so baie eters en kinders in die huis nie.🙂

  8. Pingback: Kleine Snuiters tel die slapies af… « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

September 2012
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: