goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Skottelgoedwas….hoekom is dit alweer my beurt?

Die naweek  was verruklik. Die braaivleis liplekker en die geselskap uit die boonste rakke.

Gasvrou Een: verdwyn en kap goeters rond in die kombuis.

Gasvrou Twee: staan op en sê: “Toe toe, ek gaan nie alles alleen was nie”

Gasvrou Drie:  kuier glad nie saam nie, en staan die heeltyd en skottelgoed was. “Ag, sy gee nie om nie.”

‘Gasvrou’ Vier:  hou eintlik glad nie daarvan om gaste te hê nie, en kla kranig oor alles

Gasvrou Vyf:  het nie ‘n bediende wat inkom nie, so was net gou ‘n paar goedjies vir rondte twee.

Gasvrou Ses: geniet die kuier, almal kan maar hul glase uitspoel as dit hul gril, sy gaan self lekker kuier EN môre of oor-môre skoonmaak.

Gasvrou Sewe: het bediendes wat skoonmaak terwyl die mense kuier, sy dra net ‘n mooi rok…. en rooi lippies (never mind borde kos)

Watter gasvrou tipe  is jy?

1. Moet die skottelgoed skoon wees voor al die gaste huis toe gaan?

2. Wat verwag jy as jy ‘n gas is?

3. Is daar nog iets, soos ‘gas’ wees in SUID Afrika?

Wie moet skottelgoed was op vakansie? DIS EINTLIK DIE GROOT VRAAG!

 

16 comments on “Skottelgoedwas….hoekom is dit alweer my beurt?

  1. MaanKind
    Oktober 1, 2012

    Ons huis is so oopplan, tewyl almal koffie of likeur of so, pak ek gou die borde in die skottelgoedwasser. Glase was ek as almal weg is, en my man help gou verder opruim. No big deal!

    • Loli Pretorius
      Oktober 1, 2012

      klink my julle is ‘all sorted out’😉 wens ek kon daar kuier….
      glo my, en ek is dalk verkeerd?, maar die jonger generasie stry nogal heelwat hieroor…dalkies ietsie te doene met die emansipasie van die ‘mannin’…en daardeur sê ek glad nie, dis ‘n vrou se verantwoordelikheid nie!

      • MaanKind
        Oktober 1, 2012

        Die jonger generasie vrouens moet hulle mans bietjie meer vasvat, dink ek…

  2. Vlooi
    Oktober 1, 2012

    Ek het goeie reël – ek was nie skottelgoed in jou huis nie, jy was nie skottelgoed in my huis nie.
    Jy kuier saam jou mense en basta met die blinking skottelgoed. Ek kan die horriepiep kry as mense begin was terwyl ek nog kuier. Is soos nou dan is ek en my sak by die voordeur uit.
    Vakansie? Wat de dinges is vakansie?

    • Loli Pretorius
      Oktober 1, 2012

      Vlooi, ek like jou style!!!
      Ek sê jou, piep wil ek ook piep (maar gewoonlik smile ek net…en stap vriendelik verplig opwasbak toe) Nee, kyk, dis ‘n slegte tradisie, en ek stem, amper asof die boodskap mos nou duidelik is: “Hoeveel suiker in jou laaste koppie koffie voordat jy huis toe gaan?”

  3. Toortsie
    Oktober 2, 2012

    Ek het nie ‘n voltydse bediende nie, maar geniet dit om saam met my gaste te kuier. As ons te laat kuier, los ek die kombuis vir more😯 Ek het ‘n skottelgoedwasser en die res was ek met die hand. By die see is dit ook maar my beurt. As ons vir ‘n lang tyd saam kuier, was die wie wil. Ek was gewoonlik nie solank daar mense by my kuier nie, behalwe natuurlik as hulle oorslaap.

    • Loli Pretorius
      Oktober 3, 2012

      A ja a…die skottelgoedwasser…my gunsteling uitvindsel…

  4. Kameel
    Oktober 3, 2012

    Ek voel soos Vlooi. Kuier lekker saam, en los die skottelgoed tot na gaste weg is…. of as dit te laat geword het vir more. Ek hou niks van ander mense se kombuise nie (as ek ‘n kas oopmaak wil ek weet dit is die regte kas vir die regte ding wat ek wil bêre, of uithaal.) Gelukkig hou ek van skottelgoedwas… in my eie kombuis😉

  5. Pingback: Gasvrou Sewe « goeienuusloli

  6. Pingback: Skottelgoedwas Reël Nommer Een « goeienuusloli

  7. charlene2714
    Oktober 9, 2012

    Ek maak en hou netjies soos ek aangaan. Al pak ek net die skottelgoed binne in die wasbak en maak seker die kaste is netjies skoon en daar staan niks rond nie, dan voel ek goed, aangesien my plek oop-plan is. As mens netjies maak terwyl jy kook/opskep ens, dan sit jy met minder issues later.

    My tieners is egter nie groot aanhangers van skottelgoed was nie. Die oplossing is dat omdat een op ‘n ewe dag en die ander een op ‘n onewe dag verjaar, is die ewe en onewe dae onderskeidelik hul beurt vir skottelgoed was.

    Ek pimp hulle nie uit in ander mense se huise vir skottelgoed was duties nie, maar wanneer ons oorslaap en kuier dan moet hulle help op hul datum.

    Toe ons kinders was was ek en my sussie die enigste niggies in die familie. Gevolglik moes ons AL die skottelgoed was terwyl die grootmense lekker kon terugsit. Ek verwag dit nie van my dogters nie.

    Maar wat naweke en vakansies aanbetref – ek dink dit is regverdig dat mense beurte maak.

    Alhoewel ek voel dat, as ek die kos maak was ek verkieslik nie die skottelgoed ook nie.

    Met so saamkuiery oor ‘n naweek of vakansie dink ek die term “gas” is wyd. Ek dink mens kuier saam en jou “gasheer” is nie daar om jou te bedien nie. Almal help, en as die gasheer vir my sê “Nee, sit! Ek doen hierdie gou” dan gee ek gehoor. Maar ek offer wel later weer my hulp.

    • Loli Pretorius
      Oktober 9, 2012

      Die ‘meisie kwessie’, jha. Ek deel die huis met vier mansmense, en terloops, vir 12 jaar was daar nog geen niggies in sig nie. Die een wat wel nou gebore is, gaan nog lank nie skottelgoed was nie!!!
      So ek bieg, miskien is ek nou al moeg vir dit, omdat dit ‘n konstante bakleiery in my huis veroorsaak…en taamlik ooral waar ons gaan, want daar is baie meer mans as vrouens!!!! (dit, al het ons ‘n rooster ook nog!) MAAR, as ek kuiermense het, dan wil ek kuier, en later skoonmaak, self….en verwag dieselfde by hul huise…okay, nou’s ek groot mond. Ek offer maar ook hulp, dikwels omdat ek skuldig voel…seker omdat ons al ‘n paar vriende kwyt is

  8. Pingback: Liefdestale…Daar’s vyf…My man sê: “Daar’s net een!” « goeienuusloli

  9. Pingback: Kleine Snuiters tel die slapies af… « goeienuusloli

  10. Pingback: Dinkem Genuine Wasgoeddraad « goeienuusloli

  11. Pingback: “Uh, mamma, ruik net gou hier” « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Oktober 2012
M T W T F S S
« Sep   Nov »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: