goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Goeie Nuus…Jesus is lief vir Lady Gaga

Ek weet, ek weet. Hoe kan ek dit sê? MAKLIK!!!  Sy is ‘n mens nes ek en jy😯

“Nee liewe Loli, nou haal jy die goeie nuus boodskap heeltemal uit verband uit! Watter  Bybel lees jy?”

Ja, myne sê : ” God spreek ons vry wanneer ons op Jesus vertrou om ons sonde weg te neem. Ons kan ALMAL hierdie vryspraak ontvang, maak nie saak WIE ons is, of  WAT ons gedoen het nie.” Rom. 3:22

Nou vra ek, kan Jesus Lady Gaga vergewe? OF is Sy genade net groot genoeg vir ons ‘klein’ sondaars, wat pienk eye shadow dra in plaas van swart? Of was Sy werk volkome, MEER as genoeg,  ja selfs vir Lady Gaga…

“Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie-die siekes wel. Ek het gekom om sondaars na die koninkryk te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie” Mrk.2:17

Die boodskap is vir ons, net soos vir haar

” Net so sal die hemel blyer wees oor een sondaar wat tot inkeer kom, as oor 99 ander wat regverdig is en nie afgedwaal het nie” Lk.15:7

http://gatewaynews.co.za/2012/06/29/sa-christians-launch-facebook-campaign-against-lady-gaga-tour/

http://gatewaynews.co.za/2012/11/09/sacc-delegation-requests-government-to-stop-gaga-tour/

http://gatewaynews.co.za/2012/11/07/church-group-wants-to-ban-gaga-from-sa/

MMMmmh? Wat dink jy?

7 comments on “Goeie Nuus…Jesus is lief vir Lady Gaga

  1. dalenatjie
    November 14, 2012

    Ek stem 100% saam met jou Loli, wie is ons in elk geval om oor ‘n ander te oordeel?? Meeste mense oordeel maklik, asof hulle verhewe is bo die res. Laat my altyd dink aan die splinter wat in ‘n ander se oog gesien word terwyl jy die balk in jou eie oog ignoreer.

    • Loli Pretorius
      November 14, 2012

      Yipee, en dankie Dalenatjie! Ek was so effe nervous oor die hartklop sakie, na ‘n gesprek met maats vanoggend…dis kontroversiël dat sy kom, maar ek dink nie Jesus sou haar weg gewys het nie, nie soos ek Hom ken nie😉 My man sê ons gaan eendag ‘n paar verrassings kry in die hemel….

      • dalenatjie
        November 16, 2012

        Dis baie mooi gestel, die stukkie van die verrassings in die hemel🙂 Ons Predikant het eenkeer juis ‘n preek oor die onderwerp gehad en talle voorbeelde uit die Bybel aangehaal van mense wat Sy Woord uitgedra het, maar die mees obskure karakters was – leuenaars, tollenaars, moordenaars, prostitute…

        Never judge a book by it’s cover, nê?

      • Loli Pretorius
        November 16, 2012

        Ek kry sommer hoendervleis. Dankie aan al die goeie nuus predikante!!!!!
        Ja, imagine ou Elvis, wat klavier speel…of Michael Jackson, wat die moonwalk doen…ja…selfs Lady Gaga!!! Lekker naweek

  2. Toortsie
    November 15, 2012

    Almal wat Hom soek, sal aangeneem word…… Almal wat Hom soek….. sal aangeneem word….. Ek weet nie wat in haar persoonlike lewe aangaan nie, maar ek HOOP sy soek Hom….. en dit is nie as kritiek bedoel of as oordeel nie. Ek hoop elke mens soek Hom, want by Hom is vreugde en vrede en liefde. Dankie, jy’s regtig die goeienuusloli🙂

  3. Barend van der Merwe
    November 17, 2012

    Mat. 23.

    • Loli Pretorius
      November 19, 2012

      Sho, sho sho. Ek het dié hoofstuk nou gaan lees. Sho!
      :24 ” Blinde gidse! Julle sif die miggie uit julle drinkwater, maar die kameel sluk julle sonder meer af!”

      Sho, dis net baie duidelik ons kan NOOIT oordeel uitspreek nie….die Here se hart kom ook duidelik deur aan die einde : 37..’Ek wou jou kinders bymekaar maak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke …maar jy wou My nie toelaat’
      Dankie Barend!

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

November 2012
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: