goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Liefdestale is vir sissies!

Liefdestale is vir SUSSIES ag, vrouens

Opgewonde, toegerus en terug van die Intiem Tydskrif vroueoggend  inni Laeveld met vraelys inhand om manlief te toets.

Ek sê : “Kom ons vind uit wat is jou liefdestaal!” Ingewillig en langs die vuur, stel ek my vrae, en manlief moet EEN kies wat hom die beste beskryf.

Tipies so:  ( antwoord 30 vrae, daarna tel jy jou punte op en bepaal jou liefdestaal)

  •  Bv. Jou woorde van bemoediging laat my goed voel vs. Ek hou daarvan as jy my ‘n drukkie gee.
  • Ek geniet dit om saam jou te wees vs. Ek voel geliefd as jy prakties iets doen om my te help.
  • Ek hou van verrassings geskenkies van jou vs Dit beteken baie vir my as jy my help.

Net daar sê manlief… “MMAAAr dié vrae is die heeltyd dieselfde!!!”….sowaar… vaar die belangstelling….

Liefdestale is vir SUSSIES vrouens

“ Kom nou Loli, dit is. Die vrae herhaal die heeltyd !” sê hy vir my verslae lip.

Maar maak ‘n goeie punt:

“Ek dink die goed is vir vrouens…. sodat hul hulself beter kan verstaan!”    kie kie kie😆

(He’s got a point there, he’s got a point!)

Weet jy wat jou liefdestaal is?

Daar is vyf:

  • Opbouende woorde
  • Kwaliteit tyd
  • Geskenke
  • Dade van diens
  • Fisiese aanraking

“Mens kan nie mense so in ‘n boks sit nie. Wat as jy van al daai goed hou?” verdedig dié meneer alweer.

En sê nou maar jy wil liewer nie goed in ‘n fancy boks hê nie….maar kwaliteit tyd saam spandeer?!?!”

“ Nou, sê dan net so!!!”

En daar maak hy sy punt: miskien is die liefdestale juis vir die vrou om haarself uit te figure sodat sy vir haar mense kan verduidelik HOE sy nou juis lief gehê wil word!

Het jy al dié boek gelees en het dit jou gehelp?

9 comments on “Liefdestale is vir sissies!

  1. Stephanie
    November 16, 2012

    “Sê dan net so…” ek wou altyd net gehad het dat my man moet ‘weet’ wat ek wil hê en alles moet net romanties wees….maar ek het geleer dat hy nie my gedagtes kan lees nie ;(, so ek moet vra, en die awesome ding is – hy doen dit dan. Miskien leef ons te veel in ń droom wêreld.

    • Loli Pretorius
      November 16, 2012

      Ja, dit sou lekker wees as mans net kon ruik, nê?
      My liewe man lek sy wysvinger, en steek dit in die lug en sê met skrefies oë wat soekend vra: ” Kom ons kyk hoe waai die wind vandag!?” Beste van als, ek weet bitter min self, maar doen al baie beter as vorige jare!!!!

  2. Toortsie
    November 16, 2012

    Ja, ek het al die boek gelees. Eers net om myself en my gesin te verstaan. Dit het BAIE gehelp. Later het ons as ‘n bybelstudiegroep wat bestaan uit getroude pare, dit gedoen. Die mans het FANTASTIES saamgewerk. Ek dink dit was goed. En nee, niemand kan in ‘n boksie gedruk word nie, want ons het dalk uit elkeen van die tale ietsie. Al het dit dan net gehelp dat die pare weer op mekaar gefokus het, was dit BESLIS die moeite werd.

  3. Barend van der Merwe
    November 16, 2012

    Ja. Ek het dit gelees. My liefdestaal is opbouende woorde. Maar mens moet oppas om nie iets te verabsoluteer nie.

    • Loli Pretorius
      November 19, 2012

      Haai Barend, lekker om van ‘n man te hoor!!!
      Ek ‘like’ wat jy sê, en dis die punt wat my man ook probeer maak. Mens kan sommer maklik nou die ‘liefdestale ding’ soos ‘n nuwe stel ‘reëls’ maak .(Miskien die vrouens dan? Wat effe meer geneig is na ‘ek moet sis of só behandel words, anders…..) so daaar is ‘n balans , en ek is bly my man kan dit vir my uitwys!

  4. Pingback: Liefdestale…Daar’s vyf…My man sê: “Daar’s net een!” « goeienuusloli

  5. Pingback: Liefdestale in die slaapkamer…nie die Fraanse soort nie « goeienuusloli

  6. Pingback: Kleine Snuiters tel die slapies af… « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

November 2012
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: