goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Liefdestale…Daar’s vyf…My man sê: “Daar’s net een!”

Liefdestale …Daar’s vyf …My man sê, “Daar’s net een!”

Mens vind heelwat baat deur te verstaan wat jou en jou maat se liefdestaal is.

 Die staaltjie gaan so: van kleins af sien jy as seun pa bring sjokolade huis toe vir ma, en kry ‘n klapsoen…of dalk ‘n fraanse een… ma is heel aand genooë en harmonie vloei tot jy later giggles deur die kamermuur hoor….gevolgtrekking ….sjokolade werk wonders!

Jare later koop jy, blinkoog vir jou vrou Lindt en sê  sy “Uh, dankie”…vergeet daarvan en eet jy dit  verlsae later…met die kinders. Geen soen vir jou nie… “ What went wrong?”

Alhoewel sy dalk die chocolates waardeer, wens sy eerder dat jy haar nuwe makeup moes agterkom, en vir haar sou sê:

“ Wow maar jy’s mooi”

Weet jy wat jou liefdestaal is?

Kan jy dit verduidelik aan iemand anders, sodat julle mekaar beter kan verstaan en liefhê?

5 Liefdestale (My man sê,  “Daar’s net een!”

  • Opbouende woorde
  • Kwaliteit tyd
  • Geskenke
  • Dade van diens
  • Fisiese aanraking

So bv. jou vrou (nie jou ma) voel geliefd as jy: vir haar ‘n kompliment gee MEER as wat jy sjokolades huis toe dra. Jy kan dus ‘n leeftyd van sjokolades aandra, maar as haar liefdestaal opbouende woorde is, en jy nie gereeld haar emmer vol maak met bemoediging, bewondering, ondersteunende woorde… gaan daai sjokolades smelt saam met jou goeie bedoelinge!

Boek: The 5 Love Languages: The Secret to Love that Lasts

Nou maar goed: ek het die boek jare terug gelees, en moet erken, my man was reg. Dit het my gehelp om myself beter te verstaan. Okei: My liefdestale is opbouende woorde, en dade van diens. Ja, mens kan meer as een hê. So ‘n tipiese voorbeeld van Loli Ke Nolli se lewe gaan só: Sien my nuwe ligter as ligte , sagter as sag pienk naellak raak en sê dit…dan voel ek spesiaal. Kom dit nie agter nie….dan begin ek wonder … (ek weet dis complicated….maar niemand het gesê vrouens IS NIE)

MAAAAAAAR tipies gee mens ook liefde, in die taal wat jy dit graag ontvang. So, bv. ek deel graag woorde uit, en geniet dit om mense op te bou….en ja, ek is ‘n sucker vir dade van diens. ( Ek sê sucker, omdat mens kan BAIE maklik te veel dinge/projekte/liefdadigheidswerk aanneem…omdat dit jou eintlik beter of dan nou, ‘liefdevol’ laat voel)

Die boek is insiggewend omdat die probleem kom in, wanneer jy nie verstaan hoekom jou maat dan kan voel ” Hy is nie LIEF vir my nie”

 Jy ‘voel’ dalk geliefd as hy kwaliteit tyd saam jou spandeer, VEEL meer as wat hy dit sê. Of die sjokolades help, maar was liewer die skottelgoed vir my OF ” Nee, Loli, hy hoef niks te doen nie, ek voel die heel spesiaalste as hy my bederf met…sjokolades!”

So, alhowel ek verstaan wat my man bedoel met Een taal…voel ek tog, ja vrouens het sovéél meer nodig!

9 comments on “Liefdestale…Daar’s vyf…My man sê: “Daar’s net een!”

  1. Natasha
    November 20, 2012

    Ek het ook die boek jare gelede gelees, ek dink dit was net na hy gepubliseer is….
    Ek soek die fisiese aanraking, terwyl my man floreer op opbouende woorde. As ek vir hom iewers ‘n briefie wegsteek, sommer iets kleins wat net se “ek dink aan jou” dan “blom” die man letterlik.

    • Loli Pretorius
      November 20, 2012

      Dis kostelik, en presies soos jou vb. dit kan sommer net die kleinste ou gebaartjie-tjie wees, in JOU maat se taal, wat die vonke sal laat spat!

  2. Kameel
    November 21, 2012

    Yep, liefdestale. Ek soek aanraking, die Engelsman (tipies Engels) “dont touch.” Maar so met stampe en stote het ons tog bymekaar uitgekom.

    • Loli Pretorius
      November 21, 2012

      Dis wonderlik as mens mekaar eers kan verstaan!
      Partykeer het mens so ‘refreshers’ kursusie nodig. Die onlangse een het my laat besef hoekom ek nou so ‘leeg voel’, die dat manlief tans baie weg is van die huis, en niemand my naellak kan waardeer nie !!!! 😉

      • Kameel
        November 21, 2012

        Ag Loli join the club. Die Engelsman is ook vêr, en bly lank weg, nou voel ek soos ‘n uitgedroogte stok 😉 Ek is seker jou naellak lyk pragtig… ek hou van die pienk kleur 🙂

      • Loli Pretorius
        November 21, 2012

        Kameel, jy maak my oomblik, my dag, my week. Regtig, ek spot nie eers nie!!!!

        Hoop nie jy voel soos die ou fototjie van my stokgoggatjie nie…..http://wp.me/p2fFpu-40 Sterkte, ‘ou girl’….. x

  3. Terug pieng: Liefdestale is vir sissies! « goeienuusloli

  4. nadia
    Februarie 10, 2013

    Lizl, van ek en jy daai praatjie bygewoon het, het ek vir elke couple wat by my kom vir berading aanbeveel om die boek te lees en dit maak hulle oë oop 🙂

    • Loli Pretorius
      Februarie 11, 2013

      Jy weet nie hoe lekker dit vir my is, dat jy kommentaar lewer op my hartkloppie nie!!!! 😉
      Die liefdestale ding bly maar vir my steeds die beste raad, om JOUSELF beter te verstaan, en dan kan jy jou maat OOK beter verstaan!!!!

      Nadia, don’t be a stranger, hey?

Lewer kommentaar op Natasha Kanselleer antwoord

Kry die nuus nou!

Join 62 other subscribers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

November 2012
M D W T V S S
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet in e-boeke

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

Tracy Todd – Brave Lotus Flower

Living life, paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Lomi

Leer, Speel, Skep

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

All who wander...

Thoughts of mine that fall onto paper

Boer in Ballingskap

die gedagtes en ervaringe van 'n boer in ballingskap

borsvoedjoubaba

Maak dit vir jou en jou baba maklik

Kouevuur

wat brand in my kop

Herriemerrie

Ietsie van alles