goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Ek, Alleen

Ek alleen is verantwoordelik vir my eie geluk.

Mens raak ‘gemaklik’ as jy getroud is of aan iemand ‘behoort’. Dis vanselfsprekend, jy’s deel van ‘iets’.

Vir die eerste keer in my 15 jarige huwelik, weet ek ‘miskien’ hoe dit voel om alleen te wees…en dis aaklig.

Getroude mense kyk maklik neer (as hul eerlik is, and I’m being honest) op enkellopendes.

Enkel/Alleen- sonder ‘n maat            Enkel/alleen- sonder ‘n klub

Enkel/ Alleen- sonder ‘n kerk/aanbiddingsplek

Alleen

Mens kan alleen voel al gaan jy gereeld na ‘n plek of gebou waar daar baie mense is-

As if you don’t belong to something or someone.

Dis ontnugterend, en ek dink ek verstaan vir die eerste keer hoe enkel ouers voel, geskeides, weduwees, alleenlopers….(wat ek NIE is NIE) maar na nog ‘n skoolvergadering sonder manlief aan my sy in my nuwe dorp Nelspruit, besef ek , ek is nie okei nie….ek wil nie alleen/single/enkellopend wees nie!!!!!!

Toe vang die nuutste Rooi Rose se voorblad my oog (en nou preek goeienuusloli sommer vir haarself ook)

Voorop is geskribbel: ” Jy alleen is verantwoordelik vir jou eie geluk”

Ek alleen? Kan ek alleen en gelukkig wees?

Getroude paartjies vind maklik hul geluk in hul maat/ kinders, en dink miskien te maklik DIT (alleen wees, skei, dood) sal nooit met my gebeur nie…..maar dit gebeur, elke dag….en skielik is mens alleen!!!!

Die teenoorgestelde is óók waar. Mens kan getroud en alleen wees, mens kan kinders hê, grootmaak en alleeen wees, mens kan die direkteuer van ‘n maatskappy en alleen wees….

…..mens kan dink en glo, ek het Jesus….en steeds baie baie alleen wees….as jou lewensomstandighede skielik verander!!!

As jy rustig sit en dink, sal jy agterkom, so belangrik soos wat familie, eggenoot, gemeenskap, beroep ens. ens. is…

Kan dit nie vir jou gelukkig maak nie…

Jy alleen is verantwoordelik vir jou eie gelukkigheid!    (lees dit weer Loli ke Noli….lees dit weer)

6 comments on “Ek, Alleen

  1. Toortsie
    November 30, 2012

    Ja, ons is alleen verantwoordelik vir ons eie geluk. En hoe gouer ons dit aanleer, hoe beter. Maar tog….. het ek dan nie juis getrou omdat ek nie hou daarvan om alleen te wees nie? Ja, ek het getrou omdat ek lief is vir hom, maar joe!!! Om alleen na skoolfunksies te gaan…. ken daai gevoel, my maat!! Maar gelukkig is daar ander tye wat ek weer NIE ALLEEN IS NIE, wat hy saam met my gaan. Kom ons soek daai geluk, sodat as ons kinders uit die huis uit is, ons nie verlore is nie…

    • Loli Pretorius
      November 30, 2012

      Ja dankie liewe Toorts!!! Ek maak sommer nou moeite daarmee, om te ontwikkel, dat ek, ‘gesond’ is / heel/ alleen, anders kan ek net my man dreineer met wat hy my moet gee dat ek NOU ‘vol’ kan voel, terwyl ek nog kleine kinders in die huis het, sodat ek nie daai leë nes ding ook nog moet verwerk nie?????? (Ag weet jy, wie’s ek om nou te praat? My kids is eers oor 20 jaar in hul 30’s? So, bes I start ‘finding myself’ hey?)
      Weet jy, dit het regtig die week vir my soveel begrip gegee vir enkellopendes. Dis net nie lekker nie.
      (EN kyk, hier sit ek vandag en blog in Hoedspruit,waar manlief werk…. vanoggend ‘n olifante trop gesien…so ek is nie alleen nie!) Dankie blog mater!!!!

      • Toortsie
        November 30, 2012

        En ja, soos jy sê, ons het die Here. Soms voel ons dat ons regte lyf by ons soek, maar dankie tog vir die GROOT RUIMTE wat God vul!🙂
        Geniet Hoedspruit. En ekskuus, ek is ‘n bietjie suf op die oomblik. En dat ek jou vergeet het in die storie. Ek gaan jou NOU insit! Vergewe my!!

      • Loli Pretorius
        November 30, 2012

        Toorts, moenie worry oor insit nie, ek het nie die draad gevolg nie😦
        ….kom nou eers weer bietjie by blog uit!!!!!
        (Vir enige ander alleen persoon wat dalk op die skrywe afgekom het: Begin ‘n blog, jy kan, dis maklik en vervullend!)

  2. Pingback: Avontuur in die woestyn (3) | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  3. Pingback: Kleine Snuiters tel die slapies af… « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

November 2012
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: