goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Kleine Snuiters tel die slapies af…

Kleine snuiters tel die slapies af  

Kleine snuiters tel die slapies af

(Vir al die ander aspirant skrywers daar buite, hier is my eerste artikel vir Nelspruit Tydskrif: Mom’s Notes…..wat dit nie gemaak het nie :cry:….but there’s no stopping this blogger girl!!!!! WATCH THIS SPACE in 2013)

Die winkelvensters is vol silwer en goud; Kersvader roep blinkoog kinders nader. Kleine snuiters tel die slapies af en Ouma kom kuier. Jy probeer, maar sukkel om te deel in die swier van die seisoen. Dis Kersfees en jy voel angstig en omgekrap. Liewe mamma, jy is nie alleen nie!

Kersfees is veronderstel om lekker te wees….Die waarheid is dat die kersgety vir baie vrouens kommerwekkend is. Daar is dikwels groot verwagtings van perfekte etes, geskenke en vakansie plesiere. Kinderherinneringe van etes om die tafel skep sekere presedente, maar manlief wil braai en uit ‘n plastiekbord eet! Vir baie getroude paartjies veroorsaak dit intensiewe geskille: “ By wie gaan ons eet, jou ouers of myne?” of “Kan ons asseblief êrens anders vakansie hou!?” Vir die enkellopende ma of pa, is Kersfees nog ‘n geleentheid om vraende oë te beantwoord. Vir die grootste meederheid; rekeninge om te betaal, oortollige vakansie gierighede en aangekoopte luukshede wat ophoop. Daar word gesê: “Elke huis het sy kruis”. Weet dus verseker dat dié kwel vrae nie uniek is aan jou gesinsdinamieka nie. Elke gesin moet deur hierdie amper geforseerde feesgety kom. Dikwels kuier ons met familielede wat ons nie veel in gemeen mee het nie. Dit is normaal dat dinge gaan krap!

Dis soos die keer toe…

Ek wou baie graag my eie kersfeestradisie skep. My drome was haalbaar: “Netjies en vriendelike gasvrou bedien liplekker, vyfster ete, in mooi uitrusting.” Ek het moed bymekaaar gemaak en voorgestel dat ons nie weer na die skoonfamilie toe gaan nie maar vir ‘n slag tuis sou bly. Verbeel jou: blink gepoetste glase en glinsterende kerse getooi: “Ons kan hulle nooi!” Maar nee! Almal was laat…. my dierbare skoonpa nie honger nie, en my eie ma reeds ‘versadig’ by Ouboet en sy nuwe vrou. Om my te ‘troos’, sou sy, “Darem die poeding proe”. Ja, jy het reg geraai, na al die swoeg en sweet was dit ’n TOTALE, rojale, vyfster, flop!

Vermy die teleurstelling en…

Ontspan sommer nou en weet dat jy nooit almal gelukkig gaan hou nie, veral nie om die kersgety nie. Dikwels is die druk self geïniseer.

Ken jouself en jou perke. Kommunikeer vroër as later. Delegeer. Vra vir hulp. Wees eerlik oor wat jy kan en nie kan bekostig nie, en beplan daarvolgens.

Besef dat jou fantastiese gelukkige Kersfees ‘n voorreg is. Baie ander gesinne vermy dit heeltemal omdat hul mekaar eenvoudig nie kan verdra nie!

Los die geskenke en doen iets heeltemal anders vir ‘n slag. Plant ‘n boom, pak ‘n piekniek, bel ‘n weduwee, bak sommer lekker koekies en deel dit uit.

Sukkel jy óók om nee te sê? Bederf jouself met een insiggewende leesboek: Grense- Wanneer om ja of nee te sê om beheer oor jou lewe te neem : Cloud/Townsend 2009 uitgegee deur Zondervan ZA. Kaapstad

En as al die bogenoemde nie werk nie, onthou jy kan altyd volgende jaar weer probeer!

Ek is Loli, ‘n mamma nes jy! Ek sal graag jou unieke kersfees storie wil hoor, stuur vir my ‘n lekker briefie:

Epos: genadenet@gmail.com

3 comments on “Kleine Snuiters tel die slapies af…

  1. Pingback: Dit sneeu! « goeienuusloli

  2. vvuureoc
    November 12, 2014

    VERSKOON DIE ENGELS

    Jingle tills jingle tills
    Jingle all the time
    O what fun it is to rob the stupid Christians blind
    HEY!
    Herhaal tot laas jaar se wins 24% op is

    My probleem kom by die groot eet
    gebakte kalkoen, Kerrie hoender, skaap sosaties boud kotelette boerewors herderspastei gebakte varkboud, tong. boontjie bredie gebakte aartappels soetpatats, sousboontjies ertjies, slap hakskeentjies, soetwortels, blomkool broodslaai, beetslaai aartappelslaai wortelvorm mengelslaai Die mense wat eerste hulle borde leegmaak kan help opdra aan die vrugteslaai, dadelpoeding koekstruif, bruinpoeding broodpoeding en roomys

    Niks will ek mis nie

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Desember 2012
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: