goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Is Jesus dalk Swart?

!!! (lekker vir al julle religious ouens)

Ek weet toevallig dat Hy ‘n Jood is, en dat dit Hom beslis nie blond😯  soos in al die prentjies maak nie, maar………

Hier kom die Lolpot nou

Ek is toe terug na die Rob Ferreira, ja, na die Tandarts in Stilletos. Stap twee van ‘n lange proses om ‘n brug te kry vir my kiestand.

Vir die van julle wat nie weet nie, by die publieke hospitaal, gaan jy wag.

Wag vir die afspraak, maar ook sommer net wag, omdat wag wag is, en omdat dit AFRIKA is😐

Wel, ek is vroeg soentoe om te wag, en stap die paaidjie na binne. Die mooiste gospel gesang, uit diep binnensmaag tref my spits ore en hoendervleis arms.

Die susters sing, die ander staf sing….tot die mense wat wag…. sing. Almal sing een of ander lied vir hul….. uJesu.

Kyk, niemand kan met my stry nie, Swart Afrika mense KAN sing.

Swart Amerika mense KAN sing.

Mense aanbid

Just about any Swart mens kan beter sing as sy Wit eweknie:mrgreen:

Toe sit dit my aan die wonder, en verskoon my onkunde:

Wanneer Swart mense die Here aanbid, sien hulle Hom as Swart, of  Wit?

Wat maak dit saak?

En jy? Wat dink jy?  

Hier kom die shocker! Ek het eerlik eers werklik besef, toe ek die ‘Passion’ movie gekyk het: dat Jesus van Oosterse herkoms was, no kidding, en defnitief nie Blond and blue eyed nie!!!!

Wanneer Swart mense die Here aanbid, sien hulle Hom as Swart, of  Wit?

9 comments on “Is Jesus dalk Swart?

  1. demoerin
    Februarie 13, 2013

    😆 snaaks dat jy dit nou noem. Ek het begin om Clash of the Choirs op Mzanzi Magic kanaal te volg. WOW, hulle mag maar sing. Ek het nog nooit aan die wit/swart kwessie gedink nie, en dit maak werklik geen verskil aan my nie.

    • Loli Pretorius
      Februarie 13, 2013

      Dis seker die aktivis in my🙂
      Nee, ek sou regtig wou weet, AS, die wit man dan nou na AFRIKA toe gekom het, het hul die Swart man oortuig? om hul wit god te aanbid?, en met messe en vurke te eet, maar wag, bid eers, voor jy die mes gebruik….
      ….of bewys my onkunde vandag, dat dit vir hulle ook nie saak maak nie? Dalk doen dit?….ag Demoerin, lekker om van jou te hoor….dis duidelik ek dink te veel!

  2. Toortsie
    Februarie 14, 2013

    Wel wel wel…… ek weet nie of dit die baie son in Israel is nie, maar die mense wat daar woon, is, soos jy sê, nie blond en met blou oë nie.
    Ek praat nou onder korreksie, maar ons kerk werk in Msinga. En ek het al gehoor dat hulle daar glo dat daar ‘n swart eweknie is van Jesus. Of dit dieselfde persoon is, weet ek nie.
    Maar van Jesus het ons moes so ‘n effense prentjie danksy kinderbybels. Maar hoe sien jy vir God? Hoe lyk hy? Het jy al daaroor gedink?

  3. Loli Pretorius
    Februarie 14, 2013

    Toortsie!🙂 Ek het dit óók al gehoor . Dalk doen ek eendag ‘n thesis daaroor? (ha) Dit sou interresant wees, om die Swart man self te vra.
    Die God vraag, weet ek, dikwels sien mens hom soos jou eie aardse pa, baie mense kan nie help, as hul bid, om selfs hul pa se gesig/beeld te sien nie.
    Ek moes maar met dit deel, toe ek die ware hart van God leer ken, deur Jesus, wat ek nou as Jood sien. Oosterling, donkervel, donker oë. Maar ja, ek is effe weird wat dit betref. Die Bybel praat van hoe groot Hy is, en sy hande , en sy stem, so dalk is hy werklik REUSAGTIG, groter as groot GROOT???

  4. Kameel
    Februarie 18, 2013

    Ek het Jesus darem nooit as blond en blou-oog gesien nie; ook nie met ‘n mooi wit kleed wat niks vuil wys nie. Ek dink die groter skok wat ek gekry het was in die film Matthew toe Hy so vol vreugde deur die lewe gaan. Nadat ek Bruce Marchiano se boek gelees het waarin hy vertel hoe Jesus met hom gedeel het terwyl die fliek geskiet is, het dit vir my sin gemaak. Het met ander oë na die fliek gekyk, en my oë bloedrooi gehuil. Dink Jesus lyk meer soos Marchiano in velkleur ens. as tipies Westers. Gaan my bediende vra hoe sien sy vir Jesus.

    • Loli Pretorius
      Februarie 18, 2013

      Kom vertel asb as jou helper iets interresant met jou deel

      • Kameel
        Februarie 19, 2013

        Ek het haar gevra. Sy sê baie groot, met ‘n baard, bruin hare en ‘n wit vel. Sy oë kon sy nie beskryf nie. Het toe aan haar verduidelik dat hy ‘n Jood was, en donkerder van kleur was….. sy het my maar skepties aangekyk. Toe dink ek aan Jesus soos beskryf in Openbaring waar Hy tussen die kersstaanders (hoop dit is die regte woord…. my geestelike lewe is in Engels) staan; hare wit sos wol, voete brons ens. Miskien is dit net simbolies maar besluit toe om haar (bediende) maar by haar prentjie te laat bly.🙂

      • Loli Pretorius
        Februarie 19, 2013

        Dis ‘n great storie! Ag wat, ek wil niemand probeer oortuig om anders te glo nie, dit fasineer my net om daaroor te wonder. Die swart mense is van nature ‘spiritually tuned’, so hul het dalk van al die eue heen bewus gewees van God ?en ek wonder of hul toe ooreed moes word dat Hy wit is?
        Ag , Kameel, dankie vir saam gesels. Die GOEIEnuusloli is nie op haar beste nie

      • Kameel
        Februarie 19, 2013

        Hoop jy is spoedig weer jouself.

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Februarie 2013
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: