goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

“I stopped writing because God told me He was an atheist” M.Freeman

Hoe’s dit vir ‘n deurmekaar gelowige…of NIE?

11 April 2013    Die goeienuusloli hang haar pen op….of NIE?

Los my uit

Ek ervaar van die ergste ontrekkingssimptome ooit. Laat ek verduidelik.

Ek aanvaar dat ek effe melankonies is, en ja, ek het al aan depressie gelei. Die regte soort.(kliek  en lees meer, as jy regtig belangstel) ….maar ek ken dit, so nee, dis nié dit nié…

Ek ervaar trauma nadat ek geleer het van Rick Warren se seun wat selfmoord gepleeg het. Ek is ‘n skrywer en kan net droom om bestselling novels te skryf soos hy: The Purpose Driven Life het 32 miljoen kopieë verkoop en omtrent $400 miljoen gegenereer. EK HET OOK die boek gelees, en dit het my lewe verander, soveel só dat ek begin skryf het.

Nou weet ek ook baie goed om nie te oordeel nie, ek is mos nou al van dit oortuig.

… nou wil ek nie meer skryf nie. Want my skryf was dalk nog altyd gekoppel aan: Dalk kan ek iemand help? Net een iemand….my hart…my baie sterk swart en wit gevoelsins…  bly net sê : NEE, NEE, NEE

En is dit nie maar hoe baie mense hul rug draai op godsdiens nie? Want kyk, ‘hierdie’ predikers preek sis of so, maar kyk wat gaan in hul lewens aan?’ Dan verlaat ons die kerk want daai diep NEE gevoel raak versmorend oortuigend, want om aan te hou gaan sou dan beteken ‘ Ja, ek stem saam met die ou wat vir my preek’

Vir eens in my lewe geniet ek dus nou juis baie die opskriffie : (dit kom sommer uit Morgan Freeman se nuutste fliek)

“I stopped writing because God told me He was an atheist”

13 comments on ““I stopped writing because God told me He was an atheist” M.Freeman

  1. demoerin
    April 17, 2013

    Om ‘n Christusvolgeling te wees begin in die eerste plek met jouself….dit kan nie net ‘n koppeling met ‘n gemeente of dominee wees nie. In die tweede plek is die dominee ook maar net ‘n sondige mens.

    • Loli Pretorius
      April 19, 2013

      Is nê? En weet jy, ek het al ‘n paar keer die ‘les’ van mens wees moes leer! Elke liewe kerk wat ek al in was, het die pastoor geskei, en dan moet mens maar weer van vooraf onthou, wie volg jy nou eintlik? die man of die Man ?

      Maar ek is seker jy kan identifiseer met die trauma, mens het maar jou mense wat mens na opkyk…lyk my dis tyd vir my om net voorentoe te kyk. Lkr naweek D.

  2. Kameel
    April 18, 2013

    Ek stem so saam met demoerin…. jy en Christus. Dit is waar dit begin, en met ons oë gerig op Jesus, en nie ‘n mens wat ook voete van klei het nie, stap ons hierdie pad. Ek gooi nou ‘n klip in die bos…. Jesus stap, en ons volg Hom. “Driven?”

    • Loli Pretorius
      April 19, 2013

      Kameeltjie…ek sê jou, ek het by dié man geleer hoe om Jesus se stem te volg…dit is wat my so teleurstel en ruk. Nou twyfel ek sommer oor klomp goed, en glo my, ek DOG ek het al lankal die les geleer, van nie na mense kyk nie….so, it’s back to the drawing board for Loli…of sal ek sê, die Potter se tafel

      • Kameel
        April 19, 2013

        Die Potter se tafel is nie die lekkerste plek om op te wees nie….. maar daardie Hande wat met jou werk; jy is veilig daar. Ek dink dit het tyd geword vir Loli om verder te groei…. of gevorm te word. Sterkte vrou.

  3. besembos
    April 24, 2013

    Loli. Ek verstaan nie heeltemal nie. Is jy teleurgesteld in Rick Warren omdat sy seun selfmoord gepleeg het?

    • Loli Pretorius
      April 24, 2013

      Besembos, ek het hierdie geskryf in my ‘trauma’, en ja, selfs as ek dit nou weer lees, kom ek agter ek was nie heeltemal myself nie. SO ja, ek was teleurgesteld in Rick W. omdat sy seun selfmoord gepleeg het. Ek het seker gedink, maar hy weet dan ‘alles’, hoekom weet hy nie hoe om sy seun te help nie? (FULL well knowing, elke mens maak sy eie keuses, sy seun het ook, en dit het niks met Rick uit te waai nie, of het dit?) Jy sien , ek werk maar nog steeds deur wat ek voel. En dis net gevoelens. Dis seker maar die ‘arme’ ek wat altyd wil soek vir, ‘maar wie se skuld is dit? dat sis en so? ) Kom nou, ek is seker jy het ook iemand wat jou al baie teleurgestel het, wat jy maar bietjie moes herkou oor wat jy nou eintlik voel? (Kyk, vandag, miskien twee weke later, dink ek glad nie meer oor die moord nie, want ek ken nie eers sy seun nie!) Toe toe, wie het jou al immensely beinvloed?

      • besembos
        April 30, 2013

        Loli
        Iemand het eenkeer vir my gesê: “Moenie dink omdat mense stupid goed oor God sê dat God stupid is nie” Self is ek nie ‘n aanhanger van TV evangeliste nie ook nie regtig van Rick Warren nie. Ek het nie veel erg aan gekomersialiseerde christenskap nie. My opinie van mense (waarvan ek ook een is) is dat daar goed en kwaad in almal is. Meeste van die tyd meer kwaad as goed. Ek weet net dat ek lankal my vertroue in mense verloor het. Ek weet dit is dalk ‘n slegte plek om te wees. Tien teen een het Rick Warren se keuses ‘n invloed op sy seun gehad. Celebrity status se prys is dikwels swak verhoudings met die mense wat die naaste aan jou is. Maar so maak ons almal maar foute. Wie het ‘n invloed op my denke gehad? Sjoe moeilike vraag. Ek dink ek is gevorm en word nog steeds gevorm deur ‘n komplekse proses van omstandighede en mense. Ek vind aanklank by die manier waarop sekere mense dink maar dan besef ek ook dat my waarneming van ‘n ander persoon se denke maar my persepsie is en baie subjektief is. Ons interpreteer die hele tyd en probeer sin maak van hierdie deurmekaar ou lewetjie.

        Nou weet ek nie eers of ek jou geantwoord het nie. Ook maar lekker deurmekaar.

      • Loli Pretorius
        Mei 1, 2013

        Hey, ek hou van jou sê ding hierbo oor ‘stupid’ gheid,/mense/God en dit pas perfek, vir my by my aanhaling van ateiste. Besembos, hierdie geselsie was nou vir my een van die lekkerste wat ek al gehad het van ek begin blog het. Jy het geantwoord, en ek is tevrede dat jy OOK nie die antwoorde het nie. Ek ervaar seker groei pyne of so iets? Ek werk deesdae saam met ‘n buddis, en ek kom agter ek luister baie meer as wat ek sou in die verlede. Nie omdat sy my oortuig van haar teologie nie, maar omdat ek nie juis haar keel vol wil preek nie. Ek dink ek hou meer van my nuwe ore, as my oues. Mmh…. dankie vir die inloer!

  4. MetUysh
    April 26, 2013

    Ek gaan vir jare nie meer na ‘n kerk toe nie agv die feit dat ek meer gewroeg daar uitstap omdat die pastoor ‘n klomp bollie (in my opinie) kwytraak en dit geen blessing op my lewe is nie. Dit is soos die ander kommentators hierbo se, jou geloof is tussen jou en jou skepper, en met die in gedagte voel ek geensins skuldig dat ek nie kerk toe gaan nie, want my verhouding met my skepper is nie kerkgebonde nie.

    • Loli Pretorius
      April 29, 2013

      Dis seker hoekom ek die sê-ding like wat my sommer net getref het in ‘n vliek: (die teenstrydigheid van die stelling, want ateiste glo mos nie daar is ‘n god nie) “God told me he was an atheist’ Dit beeld vir my perfek uit wat ek voel, en ek dink baie ander. Ons wil glo in God, maar sy ‘mense’ stel ons teleur. Amper asof, Hy, ook wil glo, maar sy mense stel teleur. Hy ken die mens want Hy het hom gemaak, hy stem nie noodwendig saam met als wat die mens kwyt raak in Sy preke en boeke en TBN kanale nie. Ja, daar’s baie boodskappe wat uitgaan, wat NIE noodwendig die Here se hart is vir sy liewe mens nie!(En die ‘liewe goeienuusloli’ besef al hoe meer, sy ook het nie al die antwoorde nie) dankie vir die geselsie, lekker week x

    • greenjohan60
      Mei 18, 2013

      Die Woord van God waarsku ons dat in die eindtye, daar talle dwaalleraars sal wees en dwaalleringe sal plaasvind. Die Bybel leer ons om te kan onderskei wat van Hom af kom en wat van die vyand afkom.
      Ons Skepper is algeheel kerkgebonde. Dit is in die kerk, waar Hy deur Sy Gees ons harte met Sy Woord(boodskap) aanraak, ons oortuig van sonde, ons soekend maak na Hom en deur Sy genade tot bekering gelei word.
      Die Bybel se ons gaan ten gronde as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. Verder vertel die Bybel ons, Christus is die verhewe tema, ons welsyn die opset en die heerlikheid van God die einddoel. Dit sal ons gedagtes vul, die hart regeer en die voete rig. Deur die Bybel biddend te bestudeer sal die mens tot die gevolgtrekking in sy/haar hart kom, dit is ‘n bron van rykdom, aan ons gegee in die lewe en sal oopgemaak word met die oordeel. Dit betrek die hoogste verantwoordelikheid, vergoed die hardste arbeid, en verdoem almal wat die Heilige inhoud minag. Openbaring 22 :18-19 beaam die heiligheid van die Woord en God lieg nie.
      Niemand is volmaak of sonder sonde nie en elkeen het die reg om ‘n opinie te lewer, solank die opinie niemand oordeel nie. Baie mense interpreteer gedeeltes in die Bybel foutiewelik. Deur die Woord te bestudeer en die Heilige Gees te vra om ons te lei, kan niemand ons om die bos lei nie.
      Romeine 13:8-14 Wees aan niemand iets verskuldig nie, behalwe om mekaar lief te he, want hy/sy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.
      Die boodskap in Openbaring aan die kerk in Laodisea vers 14-22. In vers 22 word gese: “Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes se”. Indien ons nie kerk toe gaan nie, hoe gaan ons weet wat die Gees van God se.
      Groete

  5. vvuureoc
    November 12, 2014

    Jammer vir die wat anders dink maar ek WEET ek het geen kerk nodig on in Jesus se verlossing te glo nie.

    Bog en nonsens vir die wat glo dat enige iets behalwe glo wat ‘n mens doen iets aan jou ewige saligheid kan doen.

    Die predekant en die taxibestuurder kom in die hemel aan en’n blyplek word aan elkeen uitgedeel Die predekant sin ‘n vierkamet sink gehuggie tussen die grootpad en vuillishoop en die taxibestuurder ‘n drie verdieping marmer paleis met 14 slaapkamers sewe badkamers en ens
    To doominies kla verduidelik Petrus so “Daardie man kon in ‘n uur meer mense laat bid as wat jy met ‘n kwartaal se preke kon doen”

Jolyt gerus saam !

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kry die nuus nou!

Join 55 other followers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

April 2013
M T W T F S S
« Mar   Jun »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Twitter Updates

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Die Korrelkop Kahuna

Comfortably Numb

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Uitgewer van e-Boeke - Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

Jay Squires' Septuagenarian Journey

Dude's Used His Second Wind and Just Launched Into His Third

barre body

"Barre Body is a total body workout that lifts your seat, tones your thighs and burns fat in record-breaking time"

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

Little Grey Box

A fun & relatable travel blog

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

lekkerjeuk

is iemand wat die menslike toestand bekyk en nogals 'n opinie daaroor het

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

dirkiedupl

" 'n Glimlag is die son wat die winter van die mens se gesig verdryf." Victor Hugo.

Ed Dale

Digital Marketing Strategies & Systems

Tracy Todd

Living life paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Die Nederlandse siening

'n Nederlandse blik op Suid-Afrika

Lomi

Learning, Playing, Crafting with Love and Laughter

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

%d bloggers like this: