goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

My broer is dood vir my..en ek blameer godsdiens

Dis die vreemdste gevoel om ‘n oproep te kry van ‘n stem wat jy baie goed ken, maar nie meer ken nie. (My broer lewe nog, ons almal trek nou 40 se kant toe, maar ons ‘lewe’ uit en verby mekaar….vêr verby….en dis hartseer.)

My broer is ‘dood’ vir my

Ja, my broer bel die week om my te vertel dat hy Dullstroom toe gaan, en “ek kan ook, as ek wil.”  ( Vir al jul ‘ ons familie het nie probleme’ lesers, hou gerus nou op…. en ske-daddle oor na ‘n ander blog.)

Nie…” Jis, sus, ek mis jou. Hoe gaan dit? Dit sou lekker wees om julle te sien. Wat gaan aan in jou lewe? etc etc etc.

Nou ek is nie ‘n visvanger nie, maar ek is lief vir die natuur. (Dit was klaar vir my genoeg rede om te gaan.) …en ja, ek het my broer lanklaas gesien...maar hy is dood vir my….en dis hartseer.

Hy is nou ‘n pa, en maak kinders groot van sy eie. Ek ken hulle nie, en hulle nie vir my nie. (Dalk was dit juis sy seun wat my ge’ruk’ het.)

Sien, hy is die ewe beeld van my boetie toe hy klein was. En skielik voel ek klein, en onseker.

Ek is groot, ek wéét hoe die lewe maak….maar skielik wou ek klein wees, en net ‘n sussie…’n kleintjie….wat speel met haar boetie….

2013-06-02 09.08.06

Hoe gebeur dit? Hoe raak mense ‘dood’ vir mekaar?

GODSDIENS.

Godsdiens ruk mens tot die hart

Godsdiens maak dat mense dink hulle is beter as ander. ‘Ek dien meer as jy’  of  ‘Jy moet meer dien…SOOS ek’. Dit kan begin by ouers wat hul kinders wil leer ….susters hul broers….kollegas hul kollegas….etc etc

Dis hoe mense dood raak vir mekaar.( Dis dalk nie gesê nie, maar dit word dalk gevoel…en voordat jy weet praat Oom Koos nie meer met Oom Piet nie…omdat OOm Piet sis en so gemaak OF NIE gemaak het in 1993)

Ons familie is so. Groot gemaak in die kerk en niks daarby gebaat nie. My pa tipies ouderling ; ma tipies dominee’s kind…Ek tipies ‘radikaal’ …en eenkant…dood…en ‘godsdienstig’.  Baie dinge is gesê…baie… net aanvaar.

Godsdiens maak mense dood vir mekaar…en dis hartseer.

 

TOE: ek dare jou. Dink bietjie mooi, en wees eerlik. Ek wed jou amper enige iets…elke gevoel/ kwaad/ wrok in jou hart vandag, is gekoppel aan : ” Hy/sy moet nie so maak nie…hy/sy is dan ‘n Christen”

16 comments on “My broer is dood vir my..en ek blameer godsdiens

  1. Makisaki
    Junie 4, 2013

    Geen broer sal vir jou sê: “Ek mis jou!”. Hy het jou genooi, ek dink dit het baie “guts” gevat en ek dink hy mis jou tog. So, begrawe die strydbyl, hou op op in al die foute en oorsake vas te klou, okay, gee godsdiens die skuld. Maar moenie dat “godsdiens” jou nou weerhou van ‘n klans!! Ons lewe in ‘n verhouding met God, laat dit jou motiveer en gaan geniet net die naweek saam jou opgestane boetie! Die oomblik is NOU! Leef NOU!

    • Loli Pretorius
      Junie 4, 2013

      Makisaki….ek was daar….die naweek is verby…en dit was lekker. Ja, ek het gevat wat my broer vir my kon gee, al was dit net ‘n halfhartige uitnodiging…daar is tog asem en lewe. Dis net nie dieselfde soos kleintyd nie, en sal seker nooit weer wees nie…dis wat my sad maak. Dat mens moet groot word, maar tog klein voel in my hart. (Ek sê natuurlik, ek het vasgehak by nege.) BAIE dankie vir die inloer, en lekker geselsie.

  2. Makisaki
    Junie 5, 2013

    Baie bly jy het gegaan. Ja soms wens mens jy kan die tyd terugdraai na daardie sorgelose dae van speel en lag. Onthou die goeie dae! Mag jy ook ‘n vriend/din hê (soos die Bybel sê) wat nader is as ‘n broer.

    • Loli Pretorius
      Junie 13, 2013

      Dankie vir die geselsie Makisaki ….. aan die plus kant, hulle sê, die lewe begin by 40, so daar is nog tyd om memories te maak nê??

  3. Kameel
    Junie 12, 2013

    Godsdiens het gemaak dat ek God en familie afgeskryf het… en hulle op hulle beurt vir my. Dit is ook geen wonder nie want godsdiens is morsdood… die letter sonder die Gees is dood. Maar Jesus, en wedergeboorte bring Lewe…. en vergifnis.
    Ons dryf uit mekaar uit, elkeen besig met sy eie kinders, en lewe…. en dit is jammer. Ek stem saam met Makisaki, lewe vir die oomblik… vir die nou. Bid vir jou broer en gesin…. gebed bring ‘n mens naby die ander persoon al sien jy hom/haar min. Wanneer die geleentheid dan kom sal hy nie meer vir jou dood voel nie, want in jou hart sal hy lewe.
    O my siel, dit klink na ‘n preek…. en dit is die laaste wat ek wil doen.
    Mooi dag vir jou Loli.

    • Loli Pretorius
      Junie 13, 2013

      Kameel , ek hoor nie ‘n preek nie, hoor! Ek hoor ‘n selfde tipe storie as in my familie, en dis hartseer, nê? want ek hoor dit gereeld by die Afrikaners, en ja die Engelse, en weet jy, tot by ‘n Muslem gesin, was dit dieselfde. Ek dink sodra mense enige vorm van gosdiens aanhang, dan voel die buitestaanders dadelik, ‘JY DINK, jy is beter as ek omdat jy so godsdiens dinge beoefen. ‘ ( en miskien is hul reg?) en so gaan die sirkel om en om. AAAAAAI, ek wil nie meer in daai sirkel wees nie! ( dis lekker om weer bietjie te connect hier in blog-land, dankie blog mater vir die chat! lkr naweek daar. Die Springbokke is hier in Nelspruit, en ek wens ons kon gaan, maar dit sou twee maande se skoolfonds kos!!!!!! 🙂

  4. Kameel
    Junie 17, 2013

    Daar het jy dit nou….. so bly jy kon gaan, en dat dit super fantasties was. Geluk met jou verjaarsdag, mag die jaar vir jou mooi dinge inhou.

  5. Toortsie
    Julie 26, 2013

    Die wonder van familie is, dat, selfs al is dit “dood” tussen julle, die bande tog weer opgetel kan word. Ek wens dit vir jou toe. Dat jy en jou broer mekaar weer regtig sal vind. Sterkte

    • Loli Pretorius
      Julie 26, 2013

      Dankie vir die inloer, ek waardeer jou woorde en tyd oumie xx

      • Toortsie
        Julie 26, 2013

        Ek gaan weer ouma word!

      • Loli Pretorius
        Augustus 31, 2013

        Wow, maar baie geluk….wys jou net wat gaan als aan in blogland as mens nie gereeld genoeg besoek nie!!!!! Wanneer kom die nuwe kleintjie?

      • Toortsie
        Augustus 31, 2013

        November!

  6. vvuureoc
    September 9, 2014

    Loli

    Ek sien die ‘Petoors’ raak en wonder of jy dalk familie [ma se kant] kan wees. Die wat ek leer ken het in my kleintyd was egter baie moeilik.
    Volgens my pa het jy een wat verdrink het stroomop gaan soek!

    Okkie

    • Loli Pretorius
      September 10, 2014

      Nee jong Okkie, verkeerde Petoors beet hoor? Ek is aangetroud, maar trots, hoor 🙂

Lewer kommentaar op Loli Pretorius Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on Junie 3, 2013 by in Godsdiens, Mense en hul gedrag, Nelspruit Nou and tagged , , , , , , , , , .

Kry die nuus nou!

Join 62 other subscribers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Junie 2013
M D W T V S S
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet in e-boeke

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

Tracy Todd – Brave Lotus Flower

Living life, paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Lomi

Leer, Speel, Skep

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

All who wander...

Thoughts of mine that fall onto paper

Boer in Ballingskap

die gedagtes en ervaringe van 'n boer in ballingskap

borsvoedjoubaba

Maak dit vir jou en jou baba maklik

Kouevuur

wat brand in my kop

Herriemerrie

Ietsie van alles