goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Jy was so gebore!

Daar’s baie persoonlikheidstoetse en liefdestale, wat jou eenvoudig laat voel:  “AHAAAA, dis hoekom ek is soos ek is!” Hierna volg baie insiggewende kennis…maklik om te onthou tips… en ‘n ‘lightbulb moment’… 💡

 Jy is so gebore!

Kortliks, jy is wie jy is, omdat jy so gebore is!!  (Dis ‘n lekker verskoning Loli!)

Eerste gebore

Middelkind (Tweede gebore, Derde gebore, vierde, vyfde gebore)

Laaste gebore

Enigste kind

Ek het sekere eienskappe en tree sekere maniere op, omdat ek in daardie rang/posisie gebore is.

 Eerste gebore: vandag gewoonlik perfeksionisties, staatmakers, verantwoordelik, lysie makers, goed georganiseerd, krities, ernstig, opgevoed, gretig om tevrede te stel (pleasers) doelgerig, respekteer outoriteit

Toe ek klein was: Hoe moet ek lewe? KYK op na my voorbeeld en dit is MA en PA/ grootmense

Pa en Ma se reaksie op: eerste geborene (in gesonde omstandighede)Wil als reg doen, opgewonde om baba 1 nuwe goed te leer, als wat baba een doen is oulik, doen alles eerste met baba 1, net die beste is goed genoeg vir baba 1 ens.

Beroeps keuses: leiers,rekenmeesters,kan maklik beheer uitoefen,

 Middelkind (tweede, derde, vierde) vandag gewoonlik vredemakers, vermy konflik, onafhanklik, selfstandig, baie lojaal teenoor maats, sosiaal, minder fotos van hulle in familie albums

Toe ek klein was: Hoe moet ek lewe? KYK op na my voorbeeld en dit is boetie of sussie bo my, en boetie/sus langs my en ma en pa/grootmense

Pa en ma se reaksie op: Middelkind, gee beslis nie meer so baie aandag soos eerste baba nie, (behalwe as dit bv. Die eerste dogter tussen drie seuns is)

Beroeps keuses: diplomaat, kliëntediens,opvoeding,kan maklik twee kante van saak sien, en probleme oplos

Laaste gebore

Manipuleerend, charming, kan wegkom met moord, people person, goed in vermaak, self verwaand/verseker, kan mense laat lag, wil middelpunt van aandag wees

Toe ek klein was: Hoe moet ek lewe? KYK op na my voorbeelde Almal bo haar/hom, sien al die gapings is gevul, bv.,Ouboet is goed met sport, Ousus is akademies, hulle kry só aandag, wat kan ek doen…okay kom ek wees laf./ Ek kan doen wat ek wil!

Ma en pa se reaksie op: laaste baba  “Ag, hy’s die baba. Ag, dis okay as hy nie sy kos wil op eet nie. Ag, kom ek maak die vetertjie vas vir jou.”

Beroepskeuses: vermaaklikheidswereld,sales, HR, kan maklik oorhastig besluite neem…wag ‘n paar dae

Enigste kind

Soos eerste gebore, maar alles super bv. Supergeorganiseerd , superverantwoordelik, super perfeksionisties etc.

Toe ek klein was: Hoe moet ek lewe? KYK op na my voorbeelde meestal grootmense (leer slegs sosiale ontwikkeling met eie ouderdomsgroep op skool; hoef nie elke dag te onderhandel met boeta/sus; kan selfvoldaan raak)

Ma en pa se reaksie op:enigste kind; als wat ons doen is vir die kind,hierdie is ons enigste kind

Beroepskeuses:enige iets, ma en pa vertel hom dit al sy lewe lank! 

 Daar is definitief variasies en kombinasies, en al is jy dalk só gebore, kan jy vernander… Maar dit verduidelik OOK hoekom kinders in dieselfde gesin kan grootword, met dieselfde ouers, en RADIKAAL kan verskil…want MET elke nuwe kind se geboorte, verander die gesin dinamika. Dit is presies hoekom Ouboet sal sê “Maar pappa, ek mag nooit op die bank gespring het nie!”

Of bv.

Ouboet kan onthou hoe lekker dit was om kerk toe te gaan want hy kon sy nuwe hemp afshow; Ousus kan voel, “Dit was aaklig. Ek moes almal regkry en oppas, en het altyd gevoel ek lyk onnetjies.” Middelsus kan voel, “Almal dink Ousus is oulik, ek wil glad nie soos sy wees nie.”Kleintjie kan voel, “Ek kry net aandag as ek stout is…dis beter as niks…kom ek stamp die koekies om.”

 Wat dit als so interresant maak, is dat jou geboorterang ( waar jy  in jou familie inpas ) dra ook by tot wie jy vandag is, en hoe jy jou kinders grootmaak/ gemaak het!

 Probeer jy nou nog die familie bymekaar hou? Bv. Ousus wil nie met klein Sus praat nie? (middle gebore kind wat groot geword het)

Ouerskap: As jy broodjies maak, vat jy bestellings, want die kinders moet van jou hou en waarvan hulle eet.

 Besluit jy namens almal waar die vakansie sal wees, en wat julle sal eet?(eerste gebore kind wat ouer geword het)

Ouerskap: Die kinders sal eet wat hulle kry

 Die rekeninge is agter, die skottelgoed staan in die bak, jy’t vergeet van die afspraak met jou vrou …(laaste gebore wat groot geword het)

Ouerskap: Ag, kom ons eet marshmallows vir lunch!

Eintlik is my lewe presies dieselfde…soms wens ek ek het ‘n broer gehad om by te kuier (Enigste kind wat groot geword het)

Ouerskap: Kan nie verstaan hoekom die kinders baklei oor wie kry meer suiker in hul tee nie?

 Gratis brokkie nuus oor Loli: 

Ek is ‘n eng tipiese middelkind, maar ook die oudste dogter.

 So al het ek ‘n ouer broer, was ek die eerste dogter. Eerste om mamma se klein helpertjie te wees; en in baie gevalle leiding te neem as oppasser van die res/ groot maak ens. Wil almal gelukkig hou, en vrede hê ten alle tye…

Manlief is laaste gebore, en baie ontspanne, spontaan…hou daarvan om bietjie aspris te wees… gereeld….

(Noudat ons weet ons is “só gebore”, verstaan ons mekaar beter…okay…ek veral vir hom 😉, en probeer ek hom nie meer verander nie…Hy is goed vir my, en leer my om myself nie so ernstig op te neem nie… )

 Lees meer oor die baie interesante manier om eenvoudig uittevind hoekom jy is soos jy is…sonder om vir hipnose te gaan of ten duurste te betaal by sielkundiges!!!!

 (Hierdie artikel was bloot om belangstelling te kweek. Alle informasie kom uit Dr. Kevin Leman se boeke: The New Birth Order Book; Pleasers, What your Childhood Memories Say about You,”)

 Daar sal jy óók lees oor jou huweliksmaat se geboorterang, en hoekom jul so goed… of sleg is vir mekaar, beroepskeuses, jou ‘controlfreak’ kollega, jou lawwe chomma… geboorterang in die kooi, hoekom jy een manier kan voel oor iets, en eggenootlief nie eers twee keer daaroor sal dink nie!!

 Werklikwaar ontspannende leesstof vir lekker winterweer wat voorlê!

 (Miskien selfs in Nelspruit?Hoe’s hierdie vir tipiese Nelspruit weer?Jy kan in die oggend kouse, vessie, poloneck en boots aanttrek, en deur die digte mis skool toe ry…net om halftwee weer in die kar te klim, lae en lae klere te moet verwyder… om die kinders noodgedwonge te vat vir ‘n roomys; omdat hulle tonge aan hulle verheemeltes plak… soos kameelperde!!!! Beste van alles…dan kan jy nog wasgoed ook was…want dit sal droog wees teen 5 uur!)

 Gaan koop die boeke nou!

My sussie is altyd laf...

Hoekom is Sussa so laf?

 Wat dink jy? Is jy so gebore?

5 comments on “Jy was so gebore!

  1. doulien
    Mei 3, 2012

    Het toe die boek by my kind gesien…sy’s gaande oor die boek.
    Nogtans lekker gelees.

    • Loli Pretorius
      Mei 4, 2012

      Ek sê jou, ek verstaan myself, en ALMAL om my sóveel beter!!!
      Nie net dit nie, die Dr. het ‘n sin van humor, so jy leer terwyl jy lag 🙂 🙂

  2. Terug pieng: Gasvrou Sewe « goeienuusloli

  3. Terug pieng: Ek wou nog “NEE” sê, toe glip die ‘Ja.’ uit « goeienuusloli

  4. Terug pieng: Kleine Snuiters tel die slapies af… « goeienuusloli

Jolyt gerus saam !

Kry die nuus nou!

Join 62 other subscribers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Mei 2012
M D W T V S S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet in e-boeke

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

Tracy Todd – Brave Lotus Flower

Living life, paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Lomi

Leer, Speel, Skep

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

All who wander...

Thoughts of mine that fall onto paper

Boer in Ballingskap

die gedagtes en ervaringe van 'n boer in ballingskap

borsvoedjoubaba

Maak dit vir jou en jou baba maklik

Kouevuur

wat brand in my kop

Herriemerrie

Ietsie van alles