goeienuusloli

Ek deel myne…kom deel joune!

Hare val uit…wat nou?

Vrou, jy is nie alleen nie. (Vir die manne het ek nie raad…maar lees gerus, jy vind dalk óók baat…)

Daar is baie redes vir hare wat uitval. Kliek en lees hier.

Myne het ook. Nou praat ek van die stress soort. Drie jaar gelede was myne só:

  •  Lang hare verby skouers: val uit in bad, op bed, in die kos, op die vloer, in die stort, op meubels, kar sitplekke, lessenaar, die besem wys dit, die borsel, die stofsuier se sak.
  • Geliefdes begin opmerk, kinders kla, manlief  sê…en jy as vrou weet:
  • Dis nou lankal nie meer normaal nie. Jou kopvel is sigbaar, jou hare lê yl, jy weet nie meer hoe om dit weg te steek nie.

Goeienuusloli se raad:

  • Huil maar, dis okay. Dit is afterall jou hare. Ek het histeries geraak. Ek verstaan.
  • Gaan Dokter toe. ( As jy nie kans sien vir jou gewone dokter omdat jy dalk nie emosioneel wil word as die vrae kom nie…want sy/hy gaan vra : Is daar trauma? Stress? Nie almal voel gemaklik om dit te bespreek nie…gaan na ‘n ander een.)
  • Laat jou bloed toets, jou thyroid. Probeer medies vas stel of daar fout is.

Nog tips wat vir my gewerk het:

  • Gaan eers dokter toe, voordat jy al die selfhelpmiddels aandurf. Miskien het ek te lank op my eie probeer, juis omdat ek nie vrae wou beantwoord nie en OF trots was. Ek het mos al die antwoorde oor die Here, en gesondheid ens ens. OF die ou trick van die ou duiwel…”Jou hare val uit omdat jy  x  y  z …..”
  • Vir vroue met lang hare: maak ‘n Franse vlegsel  nadat hare gewas en nog klam is, en slaap. Jou hare sal kartel, en dikker lyk. (Ek het so aangegaan vir maande.)
  •  Daar is baie produkte op die mark, egter gaan die eerlike mense vir jou sê, daar is bitter min wat gedoen kan word. So in desperate tye sal mens dalk die duur wonderkuur wil koop, besluit maar self wat jou sak pas. Dink net ook logies daaraan: liewer jou liggaam van binne voed, as van bo-op smeer)
  • Tog, voel die kenners die beste kure is van binne voed, en buite versorg. Ek het ook.

Produkte wat gewerk het met geduld:  

Combin K +  Homeopatiese tablette Dischem  Brand+ – R 50 per bottle

Viagro : pille, shampoo en aansproei middel

  •  Probeer om niks drasties te doen nie, ken jouself goed genoeg om te weet dat jy nou verby selfhelp is…..maar as jy enigsins kans sien….
  • Praat met iemand oor jou trauma/stress/ bekommernisse
  • Sny dit als af. (Ek het van lank, na Bob, en uiteindelik, korter as Roxette, gegaan in vier weke.. Na die trane, was dit lekker…net wat ek nodig gehad het!)
  • Kleur dit: blykbaar het pigment ‘gewig’ in wat jou hare voller kan laat lyk.

Maar soos ons vrouens maar kan wees, verkies ons sekere hairstyle…en kan ek vandag getuig dat ek weer pragtige lang hare dra, wat nie deurskyn, of abnormaal uitval nie. Ek is ook terug na my natuurlike blond, en geniet dit tans. Ons sal kyk hoe voel ek in my veertigs 🙂

Dit is goeienuusloli se uiterlike advies… en die uiterlike is baie belangrik….nou vir die innerlike.

As ons nie met die onderliggende dinge deel nadat die dokter wel gesê het: ” Mevrou, jy is medies gesond. Jy is seker gestress. Hier is ‘n nommer….” dan sal die liggaam eenvoudig aanhou om boodskappe te stuur, wat dalk nog erger as haarverlies mag word.

Deel met die wortel van die stress, ongeag watter tipe stress dit is. Dit begin by vrees en jou gewete wat jou gedurig  wil oorreed wat jy als verkeerd doen of nog moes gedoen het om sekere situasies te verhoed. Oor en oor en oor, dag in en dag uit, oomblik vir oomblik.

Die gewete ken die verskil tussen goed en kwaad, en weet wanneer daar fout is moet dit bestraf word. Jou gewete in jou liggaam gaan eenvoudig  begin om homself te straf, om ontslae te raak van die stress wat hy ervaar. So begin die mens homself straf vir sy sondes en foute.

Die Goeie Nuus:

Daar is gelowiges en ongelowiges wat verwoes word deur hul eie skuldige gevoelens en gewetes. Maar die verskil is, ‘n gelowige wat Jesus ken en die krag van Sy voltooide werk aan die kruis, kan enige beskuldiging wat die duiwel en sy eie hart na hom toe gooi, verwerp!!’

Die skrif sê :

Hebreërs 10:22 “Kom ons gaan dan die heiligdom binne, ja, tot voor God, met ‘n opregte hart en absolute vertroue, terwyl ons harte gesuiwer is van ‘n skuldige gewete en ons liggame gewas is met skoon water.”

 Neem Jesus aan, en weet dat Hy jou vergewe het eens en vir altyd. (Ja selfs al lê jou ouer op ‘n sieke bed, al wil jou Oom nooit weer met jou praat nie, al kan jy nie die huur bybring omdat jy te veel klere gekoop het, al het jy ‘n aborsie gehad)

Kom met ‘n suiwer gewete voor Hom, wetend dat hy jou nie meer straf nie, maar reeds al sy straf op Jesus gesit het aan die kruis.

Hebr.10:10,14“Omdat God dit so wou hê, is ons geheilig deur Jesus se liggaam wat eens en vir altyd vir ons geoffer is. Deur Sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig.

 Hou op om jouself te straf.

 Dis wat vir my gewerk het. In my stress het ek aan ‘n einde van myself gekom en besef dat die Here my straf gedra het vir als wat ek dink ek nog moes doen, of verkeeerd gedoen het, vir eens en vir altyd.

Ek het sy woorde aanvaar  wat aan Sy seun Jesus gerig was, maar nou na my toe spreek:

Lukas 3:22  Jy is my geliefde dogter met wie Ek tevrede is (eie vertaling) 

Dit is mos Goeie Nuus!!!!!!

Deel gerus jou haar verlies/ teruggroei storie hier by Goeienuusloli!

5 comments on “Hare val uit…wat nou?

  1. Toortsie
    Augustus 28, 2012

    Ek vind rus wanneer ek rus vind in U, o Heer….. dit werk vir my!!

  2. MaanKind
    Augustus 28, 2012

    Ek het so rukkie terug hierdeur gegaan. Niog nie ‘n antwoord nie, nie my dokter of my haarkapper kon help nie. Toe hou dit sommer op.

    • Loli Pretorius
      Augustus 29, 2012

      Dankie Maankind.
      Vir die vrou wat dit ervaar, kan mens maklik alleen voel, en al die ander vrouens se pragtige hare raak sien… maar dit kom eintlik dikwels voor, nê?
      Hou moed liewe leser en kry hulp…en gee dit tyd!

  3. vvuureoc
    September 9, 2014

    Naby die plek waar oupa geboer was daar ‘n tante wat met behulp van ‘bestuurder op 2 plase geboer het. Ek het nooit haar van geken nie. Sy was bekend as Sannie Baard. Sy het ‘n welige vol baard gehad waarop menige voortrekker trots sou wees.Elke keer as ek swaarmoedig oor die groeiende voorkop word dink ek aan haar en het weer vrede met my probleem.

    Jy kan die hare wat afbreek of dun lyk bietjie help met druiwepit olie as kondisioneerder en gooi jou duur sjampoe weg en gaps ‘n baba sin

Jolyt gerus saam !

Kry die nuus nou!

Join 62 other subscribers

Ek het in Feb.2012 begin blog…kliek op die kalender en lees meer hier!

Augustus 2012
M D W T V S S
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Ou nuus…maar steeds kraakvars!

Kategorieë

Die Blye Boodskap…steeds die beste nuus!

Vir al die ‘quote’ liefhebbers…..

Goeie nuus! Niemand weet wanneer die wêreld tot ‘n einde gaan kom nie!

Vir eksklusiewe houtwerk inni Laeveld…kliek op die foto

Hulle jolyt saam!

Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde...

Die Engelse Vrou

dwalende gedagtes van 'n engelse vrou in 'n nuwe taal

myseuns

My Dagboek vir Liam, Heath & Finn

agent 0013 nelspruit

The real estate ups and downs...of a... NOT so blonde agent

Slakkelak

Lees saam...

What's On South Africa

Events, Travel and Information

Boekemakranka

Waar passie vir tegnologie en boeke ontmoet in e-boeke

Blogs Of The Day

Just another WordPress.com weblog

jongds

Gedagtes van 'n jong dominee.

J. J Brits

Word Portrait Writer

allergic2grass

Sommer net my griffel-plek

Jan se twak

Sommer net staaltjies en alledaagse twak

rooi rose luister na jou

oor depressie, psigaters, pille, dieet, skei, tieners en die res

Wake Up My Faith

My journey in daring to live by "faith alone". Come along and see what happens...

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

Tracy Todd – Brave Lotus Flower

Living life, paralysed from the neck down, out loud.

Demoerin

Onsamehangende Toring van Babel Gebrabbel

nou hoe dan nou

7 uit 9 mense dink seker ook so

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Lomi

Leer, Speel, Skep

SKRYWERS SKRYF

Bymekaarkomplek vir skrywers en voornemende skrywers

Die Lewegewer

The Life-Giver

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Afrikaans in Leipzig

Afrikaans Unterrichts-Zusammenfassung und Mehr

freddieburger

Skryf sonder bybedoelings

All who wander...

Thoughts of mine that fall onto paper

Boer in Ballingskap

die gedagtes en ervaringe van 'n boer in ballingskap

borsvoedjoubaba

Maak dit vir jou en jou baba maklik

Kouevuur

wat brand in my kop

Herriemerrie

Ietsie van alles